Bloemfonteiners vat Willows-gholftitel

Die afgelope week is een van die jaar se belangrikste kompetisies deur die Potchefstroomse Buiteklub aangebied. Die Spar Willows-toernooi is vanaf Vrydag 14 tot Maandag 17 April by die klub aangebied. Die toernooi het amptelik op Vrydag 14 April begin. In totaal het 128 spelers ingeskryf en is daar vanaf half agt in die oggende …

Die afgelope week is een van die jaar se belangrikste kompetisies deur die Potchefstroomse Buiteklub aangebied.

Die Spar Willows-toernooi is vanaf Vrydag 14 tot Maandag 17 April by die klub aangebied. Die toernooi het amptelik op Vrydag 14 April begin. In totaal het 128 spelers ingeskryf en is daar vanaf half agt in die oggende afgeslaan.

Die formaat van die eerste dag was ‘n scramble-dryf beterbal. Die wenners was Frans Putter en Manie Vosloo van die Buiteklub met 53 punte

Die formaat van dag twee was ‘n bonus beterbal. Die wenners was:

Jean van der Kevie (Parys) en Louis Fouché (Mmabatho) met 67 punte.

Dag 3 se formaat was ‘n omruil dryf gesamentlike IPS-kompetisie. Die wenners was Frik de Beer en Tiaan Pitout van die Buiteklub met 89 punte.

Die laaste dag, dag 4 – Maandag, se formaat was ‘n gesamentlike IPS-kompetisie. Die wenners was Danie Pienaar en Christoff van Niekerk van Parys met 83 punte. Die algehele wenners van die toernooi was soos volg:

1ste – Anton Botha en Gino de Crescenzo van Bloemfontein met 264 punte.

2de – Danie Pienaar en Christoff van Niekerk van Parys met 258 punte.

3de – Jean van der Kevie Parys) en Louis Fouche (Mmabatho) met 258 punte.

Die besgeklede paar is gesamentlik gewen deur John Parsons, Danie Blignaut, Albert Britz en Gerhardus Greeff.

*Ander kompetisies is soos normaalweg aangebied.

*Op Woensdag 12 April het die klub ‘n medal-kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – Conrad Stolz met ‘n netto telling van 70, 2de – Fanie du Plessis met ‘n netto telling van 70 en 3de – Louw Geyser met ‘n netto telling van 70.

*Op Donderdag, 13 April as voorloper vir die Spar Willows-toernooi, het die klub ‘n syfer 3-kompetisie aangebied. Dit is soortgelyk aan die syfer 3-kompetisie wat voor die Amerikaanse Masters aangebied word. Die wenners was: Gross – Christo Peens met ‘n telling van 24. Nett:  Goggie van Heerden met ‘n netto telling van 19,5.

Exit mobile version