Vyf goues vir Potch se SA kampioene

Wat jy saai sal jy maai” en “in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.” Nog nooit is hierdie gesegdes so prakties uitgeleef, toe Noordwes se top hoërskoolatlete vanaf 29 Maart tot 1 April tydens die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Durban, behoorlik gesaai en gemaai het met ‘n spoggerige medaljeoes van 32 …

Wat jy saai sal jy maai” en “in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.”

Nog nooit is hierdie gesegdes so prakties uitgeleef, toe Noordwes se top hoërskoolatlete vanaf 29 Maart tot 1 April tydens die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Durban, behoorlik gesaai en gemaai het met ‘n spoggerige medaljeoes van 32 medaljes.

Plaaslike atlete van Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom was op hulle stukke en het bewys dat plattelandse skole ook hulle stem teen die sogenaamde groot atletiekskole kan dik maak, met 19 medaljes tussen dié twee buurskole.

Miandi van Staden van Gimmies het die rekordboeke herskryf deur twee goue medaljes vir Gimmies in die dogters 0.15 100 en 200 meter items verower het. Lees meer oor hierdie blits op bl. 27. Foto’s: Superimage Media

Die Gimme het 3 goue-, 7 silwer- en 6 bronsmedaljes huis toe gebring, terwyl Volkies hulle arendsvlerke gesprei het met langasems Robert de Villiers en Cara du Preez wat gouemedaljes om hulle nekke kon dra na pragvertonings in die 2000 meter hindernis.
De Villiers het ook ‘n silwermedalje in die 3000 meter behaal. Vir Gimmies het Miandi van Staden (o.15) en Karmen Fouche (o.14) die rekordboeke herskryf deur die eerste Gimmiedogters te word wat vier medaljes elk verkry.

Robert de Villiers van Volkies gaan volstoom vorentoe in die 2000 meter hindernis oorwinning vir seuns o.17 tydens die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe.

Sy en spanmaat Fouché is lede van die medley aflos wat silwer en 4x100m aflos wat brons huis toe bring. Van Staden word ‘n dubbele SA kampioen met haar oorheersing in die o.15 100- en 200 meter, terwyl Fouché (o.14) silwer in beide die hoogspring (1.64 meter) en verspringitems (5.58 meter) verower. Phillip Botha (o.15) blink ook uit in die spiesgooi om as SA kampioen gekroon te word met ‘n gooi van 54.66 meter. Roubert Rosseau in diskusgooi (54.50 meter), Jana Steinmann in gewigstoot en Milandré Stafford in 10 km stap (54:12.03) verower al drie silwerware in die o.19 ouderdomsgroep.

Almero Niemann in diskusgooi (56.51 meter) en Malleen Pienaar in spiesgooi (41.70 meter) is die o.15’s wat Gimmies se naam verder hoog hou.
Rizané van Rooyen (o.19) en Donevan du Toit (o.17) verower ook brons in hulle onderskeie aflos-items.
Hierdie is werklikwaar ‘n glorieryke tydperk vir skoleatletiek in Potchefstroom en die kanse is goed dat sommige van hierdie atlete by die opkomende ASA Junior- en Jeugkampioenskappe in Kaapstad hierdie naweek (7 – 8 April) weer eerste plekke sal neem en vir die Wêreldjeugkampioenskappe sal kwalifiseer.

Exit mobile version