Plaaslike bergfietskampioen wen 3 Mountains oortuigend

Doelgerigtheid, ‘n kanniedood houding en die wil om die beste te wees, is almal goeie maniere om die jong bergfietsryer, Ryan Conradie van Potchefstroom Gimnasium se dominerende oorwinning in vanjaar se 3 Mountains Bergietswedren te beskryf. Hierdie wedren het vanaf 18-21 Maart in Clocolan in die Vrystaat plaasgevind. Al het Conradie ‘n pap wiel in …

Doelgerigtheid, ‘n kanniedood houding en die wil om die beste te wees, is almal goeie maniere om die jong bergfietsryer, Ryan Conradie van Potchefstroom Gimnasium se dominerende oorwinning in vanjaar se 3 Mountains Bergietswedren te beskryf. Hierdie wedren het vanaf 18-21 Maart in Clocolan in die Vrystaat plaasgevind. Al het Conradie ‘n pap wiel in die eerste skof (18 km) gekry en negende na die eerste dag geëindig het, het hy die volgende drie skofte gemaklik gewen om ‘n algehele eerste plek te behaal in hierdie uitdagende wedren.

Ryan Conradie vier sy oorwinning.

“Ek het in skof twee beter gery en die gaping vergroot na ‘n verdere 5 minute tussen my en die tweede ryer.

“Ek was toe dus die voorloper op die algehele klassifikasie. Ek het die 48 kilometer tweede skof met omtrent 12 minute gewen.”

“Op die derde skof (42 km) het ek meer strategies gery, omdat ek ‘n harde wedren op die vierde skof beplan het. Daarom het ek dit rustiger gevat en net saam die 2de ryer gery en toe op die laaste 500 meter gebreek om die derde skof ook te wen.

Ryan Conradie het die eerste plek tydens die 3 Mountains Bergfietswedren gevat.

“Op die 4de en laaste skof (45 km) het ek van die begin af hard gery saam met ‘n ander kategorie se ryer en kon dit toe regkry om ‘n verdere sewe minute voorsprong te kry en die vierde skof te wen,” vertel ‘n gelukkige Conradie.

Exit mobile version