SportSport

Potch Dorp se vrouerugbyspan het xx-faktor

Sy hardloop met doelgerigtheid na die drielyn toe met haar oë stiptelik op haar teiken. Sy is flink op haar voete en sweef verby twee verdedigers voordat daar uit die hoek van haar oog ‘n ander vrou haar laat gras eet met ‘n harde plettervat. Tog staan Potch Dorp se losskakel, Megan Mackenzie, weer op …

Sy hardloop met doelgerigtheid na die drielyn toe met haar oë stiptelik op haar teiken. Sy is flink op haar voete en sweef verby twee verdedigers voordat daar uit die hoek van haar oog ‘n ander vrou haar laat gras eet met ‘n harde plettervat.

Tog staan Potch Dorp se losskakel, Megan Mackenzie, weer op met ‘n glimlag en maak gereed vir die volgende beweging – gereed om hierdie keer nie weer gestuit te word nie.

Hierdie prentjie is wat Potch Dorp Rugbyklub se nuutgestigte vrouerugbyspan duidelik geteken het verlede Saterdag op hulle tuisveld. Hierdie span vrouens is gereed om te bly en hulle passie vir rugby op en van die veld af is iets merkwaardig. Henriette Pretorius, spanbestuurder van Potch Dorp Rugbyklub se vrouespan, is juis vasbeslote dat Potch Dorp van krag tot krag in vrouerugby sal gaan.

“Ons is tans deel van die Luiperds Vroueliga, wat tans die eerste geregistreerde liga in die land is. Ons is drie spanne, Potch Dorp, Matlosana, en Mmabatho. Dit is ook die eerste keer in Potch Dorp se 125 jaar geskiedenis dat daar ‘n vroue rugbyspan is.
Hierdie klub se bestaan is te dankie aan Carina Kruger, wat al vir die afgelope 12 jaar vir die Luiperds Vrouespan speel. Die idee van Kruger was om weer terug vir die plaaslike gemeenskap te gee en vroue deur middel van rugby te bemagtig.

“Omtrent 80 persent van die spelers is ontwikkelingspelers wat eers onlangs begin speel het.

“Ons het ‘n paar Luiperds spelers, maar dis belangrik om spelers te ontwikkel,” vertel Pretorius. Pretorius stem ook saam dat daar steeds baie stereotipes rondom vrouerugby in Potchefstroom is en dat hierdie klub juis daardie stereotipes wil breek.

“Die groot ding is dat daar baie talent in ons afrigtingspan is soos voormalige SA skeidsregter, Sanet Ludick, wat een van ons afrigters is, sowel as Melanie Strydom (assistentspanbestuurder) en Estie Vorster (hoofafrigter).

“Die hele oogmerk is om vrouens te bemagtig en hulle die geleentheid te gee om iets te doen wat hulle selfvertroue gee. Dit is belangrik om hulle eie menswees op te bou,” vertel Pretorius.

Een van die kenmerke van hierdie span is die familieatmosfeer wat geskep word sodat elke speler werklik tuis voel. “Die vibe is ongelooflik. Almal huil en lag saam en wil saam wen.”

Nog verwante stories:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/5806/luiperds-se-rugbynooi-maak-tonge-los/

Related Articles

Back to top button