SportSport

Burke is ’n yster op die gholfbaan

Christiaan Burke is een van Potchefstroom se blinkste gholftalente en dié leerder van Hoër Volkskool Potchefstroom is spoedig besig om ‘n groot naam vir homself te maak. Burke het onlangs die Potchefstroomse Klubkampioenskappe gewen en is sodoende die jongste speler in geskiedenis om hierdie gesogte trofee te wen. Burke het met syfers van 68 en …

Christiaan Burke is een van Potchefstroom se blinkste gholftalente en dié leerder van Hoër Volkskool Potchefstroom is spoedig besig om ‘n groot naam vir homself te maak.
Burke het onlangs die Potchefstroomse Klubkampioenskappe gewen en is sodoende die jongste speler in geskiedenis om hierdie gesogte trofee te wen. Burke het met syfers van 68 en 72 as oorwinnaar uit die stryd getree.

Vanaf 6 – 9 Maart het Burke ook in Kaapstad aan die Wêreldkampioenskappe vir o.19-spelers deelgeneem. Om deel te neem moet spelers in die top 20 onder SA spelers wees. 160 spelers vanuit 18 lande het gespeel, en Burke het onder die top 30 geëindig.

“Ek was na die eerste dag 5de, maar toe het ek siek geword waar my spel toe bietjie verswak het. Dit was steeds ‘n groot prestasie om top 30 te eindig,” vertel Burke.

Related Articles

Back to top button