SportSport

Steenkamp stuur Potch Dorp na soete sege

‘n Voortreflike en standvastige honderdtal van Potch Dorp se Lourén Steenkamp (109*) het sy span na ‘n belangrike 2-paaltjie oorwinning in die Noordwes Premier Klubkrieketliga teen Vaal Reefs verlede Saterdag, 11 Maart gestuur. Steenkamp het sy 95-balbeurt ook nie net probeer oorleef terwyl sy spanmaats soos domino-stukke om hom geval het nie, maar het ook …

‘n Voortreflike en standvastige honderdtal van Potch Dorp se Lourén Steenkamp (109*) het sy span na ‘n belangrike 2-paaltjie oorwinning in die Noordwes Premier Klubkrieketliga teen Vaal Reefs verlede Saterdag, 11 Maart gestuur.
Steenkamp het sy 95-balbeurt ook nie net probeer oorleef terwyl sy spanmaats soos domino-stukke om hom geval het nie, maar het ook ‘n klompie klassieke houe gemoker wat 10 viere en 5 sesse ingesluit het.

Steenkamp het die nodige momentum gebied en al die ander kolwers moes saam met hom kolf en hom bystaan. Daar was goeie ondersteuning van Rohan Kundlass (29) en veral Stefan Gericke met sy bedaarde 18 van 50 balle in ‘n 53 lopie vennootskap saam met Steenkamp. Vaal Reefs se Eden Links met 2/27 was Vaal Reefs se groot wapen.

Lourén Steenkamp in aksie teen Vaal Reefs. Hier speel hy ‘n voortreflike dryfhou.

Toe Gericke en Driaan Weyers kort na mekaar uit is en met die telling op 181/8, moes Steenkamp die keuse maak om los te laat en die wenteiken van 209 te slaan. Cobus Crowther (0*) het aan die ander kant gestaan en Steenkamp ondersteun in ‘n broodnodige 28 lopie vennootskap om die wa deur die drif te trek. “Dit het harde konsentrasie gekos. Die was een van my beste klub-beurte,” het Steenkamp gesê. “Dit was spesiaal om aan die einde voor die penne te wees en die wenlopies te slaan. My Dorp-spanmaats se uitbundigheid oor die wen was awesome.”
Vroeër het Dorp se Marno Pretorius met 4/31 uitgeblink om Vaal Reefs tot 207 almal uit te beperk. Elmar Deysel was Vaal Reefs se beste kolwer met 59.

Lourén Steenkamp (regs) word deur spanmaat, Marno Pretorius, gelukgewens na sy honderdtal wat Potch Dorp na 'n twee paaltjie oorwinning teen Vaal Reefs gestuur het.
Lourén Steenkamp (regs) word deur spanmaat, Marno Pretorius, gelukgewens na sy honderdtal wat Potch Dorp na ‘n twee paaltjie oorwinning teen Vaal Reefs gestuur het.

* In ander nuus het Potch Dorp se tweede span wel nie die beste dag op die krieketveld gehad toe hulle teen NWU Pukke 1 se sterk span te staan gekom het nie. NWU Pukke het hierdie wedstryd met 8 paaltjies gewen, danksy Dylan Matthews se 3/25 en Niel Durrow se ekonomiese 2/15 wat Dorp 2 tot 110 almal uit beperk het.
Pukke het geen probleem gehad om dié klein teiken te haal nie, met Hanco Olivier (30) en Edrich Lubbe met (29*) wat sy span se wenlopies slaan.
* Klerksdorp Travellers het vir Ikageng met vier paaltjies in ‘n wedstryd vir die boulers, geklop. Ikageng het eerste gekolf en kon net 150 almal uit aanteken. Tsholofelo Phukuile was Ikageng se beste kolwer met 31. Klerksdorp se beste bouler was ongetwyfeld Jean Moorcroft met 3/41. Klerksdorp het relatief gemaklik die teiken oorgesteek met Xander Cornelius se onoorwonne 51 wat sy span na die teiken geneem het. Thami Matlhare het 3/41 vir Ikageng geneem.
*Impala het vir Lichtenburg met 10 paaltjies vermorsel, nadat Lichtenburg vir ‘n skamele 105 uitgeboul is. Impala se Chris Peyper (72) en Carl Moralo (29) het sonder om te blik of te bloos die oorwinning behaal. Dit is amper asof die twee spanne op verskillende kolfblaaie gekolf het.
*In ‘n Pukke 2 teen 3 wedstryd het Ibbies vir Taurus so bietjie pakslae gegee met ‘n ses paaltjie oorwinning. Ibbies boul Taurus vir 76 uit met Bantu Dandala wat met 4/20 uitblink.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button