SportSport

Groot atletiek hierdie naweek op Puk McArthur Stadion

Vir atletiekliefhebbers hou die komende naweek, 16 en 17 Maart beslis groot dinge in. Die jaarlikse Atletiek Sentraal Noordwes Provinsiale Atletiekkampioenskappe gaan weer een van die groot byeenkomste van die jaar wees, met talle atlete wat gaan poog om die Noordwes-span vir verskeie SA Atletiekbyeenkomste te haal. Dit word op die Puk McArthur Stadion gehou. …

Vir atletiekliefhebbers hou die komende naweek, 16 en 17 Maart beslis groot dinge in. Die jaarlikse Atletiek Sentraal Noordwes Provinsiale Atletiekkampioenskappe gaan weer een van die groot byeenkomste van die jaar wees, met talle atlete wat gaan poog om die Noordwes-span vir verskeie SA Atletiekbyeenkomste te haal. Dit word op die Puk McArthur Stadion gehou.
Volgens die president van Atletiek Sentraal Noordwes, Jean Verster, gaan hierdie kampioenskappe gebruik word om spanne vir die Jeug-, Junior en Seniorspanne te kies.
“Al die atlete wat moontlik die Noordwesspan vir SA’s wil haal, moet deelneem. Dit sal hierdie atlete se laaste kans wees. Daar gaan ‘n paar groot atlete soos ons Olimpiese medaljewenners, Caster Semenya en Sunette Viljoen ook betrokke wees,” het Verster beklemtoon.
Hierdie byeenkoms sal beslis ‘n treffer vir atletiekliefhebbers wees en daar kan ook gesien word op watter vlak die Noordwes atlete is.
Verwag vinnige tye, ‘n paar verrassings en hope adrenalien en passie hierdie naweek by die Puk McArthur Stadion.
Die eerste item begin Vrydag om 16:00 en die laaste item teen 18:35. Saterdag se verrigtinge begin om 08:00 en eindig om 16:20. Vir die volledige skedule en itemlys, besoek Potchefstroom Herald se webblad by www.potchefstroomherald.co.za

Hier is die itemlys:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button