SportSport

Gimmies se atlete beindruk weer by Top 10

Potchefstroom Gimnasium het op Woensdag 15 Februarie aan die Top 10-byeenkoms van Prestige College in Pretoria deelgeneem. Gimmies spog met die skitter prestasie dat die Top 10-items ‘n gemiddeld van 1 000 tabelpunte behaal het. Die beste prestasie vir Gimmies is deur Almero Niemann behaal. Hy het in die diskus vir seuns o.15 ‘n afstand …

Potchefstroom Gimnasium het op Woensdag 15 Februarie aan die Top 10-byeenkoms van Prestige College in Pretoria deelgeneem. Gimmies spog met die skitter prestasie dat die Top 10-items ‘n gemiddeld van 1 000 tabelpunte behaal het. Die beste prestasie vir Gimmies is deur Almero Niemann behaal. Hy het in die diskus vir seuns o.15 ‘n afstand van 53,86m (1122 tabelpunte) gegooi. Ander prestasies van meer as 1 000 tabelpunte is behaal deur Karmen Fouché (2) en Miandi van Staden (2). In Gimmies se afdeling was die beste 15 spanne die volgende:   Tuks Sportskool 1 047

Potch Gimmies 1 000

Wesvalia 965

Heidelberg Volkies 949

Midstream College 936

Overkruin 929

Randburg 925

Curro Hazeldean 918

Lichtenburg 914

Piet Potgieter 910

Pietersburg 895

Voortrekker Bethlehem 893

Diamantveld 888

Vereeniging Gimnasium 884

Windhoek Gimnasium 881

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button