Pukke te goed vir Ikeys in sopnat toestande

In swembad-weer het Pukke soos visse in die water gemaklik met 20-13 op ‘n papnat Fanie du Toit Sportgronde vanaand met UCT-Ikey afgereken. Die seepglad en modderige toestande het veroorsaak dat dit nie die vloeiendste wedstryd was nie, maar Pukke het hulself die beste geklimatiseer om die groot hoeveelheid tuisskare tevrede huis toe te stuur. …

In swembad-weer het Pukke soos visse in die water gemaklik met 20-13 op ‘n papnat Fanie du Toit Sportgronde vanaand met UCT-Ikey afgereken.

Die seepglad en modderige toestande het veroorsaak dat dit nie die vloeiendste wedstryd was nie, maar Pukke het hulself die beste geklimatiseer om die groot hoeveelheid tuisskare tevrede huis toe te stuur.

Pukke het vroeg hulle vaardighede ten toon gestel en ‘n drie gaan druk na ‘n goeie tikskoppie waar Elden Schoeman die vinnigste reageer het om die tuiskare vroeg bly te maak.

Dit was ‘n algehele spanbeweging wat tot hierdie drie gelei het, met Jaap Pienaar en die speler van die wedstryd Tapiwa Mafura, wat goeie werk met hulle balhantering verrig het.

Schalk Hugo het ook ‘n goeie wedstryd met die skopvoet gehad en het 13-0 voorgeloop danksy ‘n paar goeie skoppe in die eerste 15 minute.

Soos die tyd verloop het, het die toestande vererger met die bal wat soos ‘n stuk seep uit die spelers se hande gespat het.

Ikeys het vyf minute voor halftyd eers op die telbord gekom met Lohan Lubbe wat ‘n goeie strafskop deur die pale getik het.

Met die tweede helfte het Pukke van truie verander en in hulle swart en maroen uitrustings die Ikeys aangedurf.

‘n Geelkaart vir Justin Newman het sake vir Pukke in die tweede helfte vermoeilik. Lubbe het weer ‘n strafskop kort daarna tussen die pale gesit en skielik was Pukke net met sewe punte voor op 13-7.

Die plaasvervanger flank, Estehan Visagie, wat vir kaptein Marno Redelinghuys vervang het, het toe vinnig ‘n impak gemaak en na goeie druk vir Pukke ‘n drie gaan aangeteken.

UCT het wel nie tou opgegooi nie en aanhou probeer om ‘n gaping te spaan, maar Pukke het met vernuf die deur met klipharde verdediging toegemaak. Sommige van die lakke kon ‘n mens van ver af hoor.

Joel Smith het vir ‘n benoude oomblik vir Pukke gesorg toe die UCT linkervleuel amper vir sy span ‘n drie uit niks uit prakseer het, maar uitstekende verdediging op die doellyn het die Tiere van ‘n drie weerhou.

Dit was eers op die 80ste minuut toe UCT uiteindelik waarde vir hule tyd in Pukke se 22 gekry het toe Gary Porter in die hoek oor is. Lubbe het verdoel en vir Ikeys darem ‘n bonuspunt verskaf om terug Kaap toe te neem.

UCT-Ikeys:

Drie: Gary Porter

Strafskop: Lohan Lubbe (2)

Doelskop: Lubbe

Pukke:

Drieë: Elden Schoeman, Estehan Visagie

Doelskoppe: Schalk Hugo (2)

Strafskoppe: Schalk Hugo (2)

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version