Pieter de Klerk Tennisrondomtalie weer ‘n reuse sukses

Verbysterende voorhandhoue, doelgerigte dienhoue, roerende rughandhoue en vlugvoetige vlughoue was aan die orde van die dag by nog ‘n uiters suksesvolle Pieter de Klerk Tennisrondomtalie verlede naweek. Die derde rondomtalie-toernooi, wat in dubbelsformaat uitgespeel is, het op Saterdag, 11 Februarie by die Potchefstroom Buiteklub  plaasgevind, en daar was asemrowende aksie tussen die spelers op die …

Verbysterende voorhandhoue, doelgerigte dienhoue, roerende rughandhoue en vlugvoetige vlughoue was aan die orde van die dag by nog ‘n uiters suksesvolle Pieter de Klerk Tennisrondomtalie verlede naweek.

Die derde rondomtalie-toernooi, wat in dubbelsformaat uitgespeel is, het op Saterdag, 11 Februarie by die Potchefstroom Buiteklub  plaasgevind, en daar was asemrowende aksie tussen die spelers op die baan gewees. Daar was ook ‘n goeie gees tussen die tennisspelers wat mekaar soms die kans gegee het om eers ‘n verversing te gaan geniet voor die volgende stel wedstryde gespeel is.

“Dit was ‘n reuse sukses. Die mense was lekker moeg nadat elkeen 56 stelle gespeel het, maar alles was in goeie gees gedoen. Daarna het daar ook ‘n lekker braai plaasgevind om die dag se tennis te vier en saam te kuier,” het Pieter de Klerk, organiseerder en borg gesê.

Kyk die foto’s hier:

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version