SportSport

Pukke hou kop om naelbytwen teen UJ te beklink

In nat en triestige weersomstandighede in Johannesburg het die huidige Varsitybekerkampioene, NWU Pukke, net-net die knoop teen die Universiteit van Johannesburg met 16-12 deurgehak. Pukke kan gelukkig wees nadat UJ se voorspelers ‘n aansienlik beter wedstryd gehad het, maar Pukke het wel kop gehou en soos kampioene die omstandighede trotseer. In moeilike skopomstandighede het UJ …

In nat en triestige weersomstandighede in Johannesburg het die huidige Varsitybekerkampioene, NWU Pukke, net-net die knoop teen die Universiteit van Johannesburg met 16-12 deurgehak.

Pukke kan gelukkig wees nadat UJ se voorspelers ‘n aansienlik beter wedstryd gehad het, maar Pukke het wel kop gehou en soos kampioene die omstandighede trotseer.

In moeilike skopomstandighede het UJ se uitblinker losskakel, Divan Nel, oorspronlik van Oudtshoorn soos ‘n volstruis strafskop na strafskop oorgeklits om sy span amper na ‘n  oorwinning te stuur.

Die eerste 10 minute was ‘n geharde affere met Pukke wat voor begin domineer het. UJ het wel ook hulle vernuf met hulle taktiese skopwerk gewys met Nel wat sy talent begin wys het.

Pukke se nommer 10, Schalk Hugo het wel die eerste punte vir die kampioene aangeteken met ‘n lang strafskop van binne UJ se helfte.

Pukke het dit met ‘n besonderse stukkie inividuele kreatiwiteit opgevolg toe regtervleuel, Jimmy Mpailane met ‘n skitterlopie onder die pale gaan druk het. 10-0 vir Pukke na die eerste 20 minute.

Nel het toe sy stem dikgemaak en UJ se eerste punte met ‘n pragstrafskop aangeteken. Dit het definitief sy en sy spanmaats se selfvertroue opgestoot en skielik klits Nel nog drie strafskoppe om Pukke onder druk te sit. Voor Pukke weer kyk is hulle voorsprong uitgewis en UJ loop halftyd voor met 12-10.

Hugo het ‘n kans gehad om Pukke weer te laat voorloop na 45 minute maar het met ‘n moeilke strafskop net-net gemis.

Pukke het hopeloos te veel strafskoppe afgestaan  en het UJ ‘n kans gegee om die wedstryd te begin beheer. Die afbreekpunte was ‘n probleem vir Pukke veral toe Marno Redelinghuys die veld verlaat het. Dit is hier waar Wian Conradie en Estiaan Enslin hulle vaardighede vir UJ begin toon het.

UJ het die tweede helfte meer beheer met die tuiskare wat die manne in swart en oranje met sang en dans in die reen aangespoor het.

Die tuisspan se heelagter, Ronald Brown, het amper met ‘n skepskop UJ verder laat voorloop maar sy fantastiese poging het die paal getref.

Pukke se agterlyn het hard verdedig en die volgende aanvalsgeleentheid benut toe Tapiwa Mafura losgebreek het. UJ staan ‘n strafskop af en Hugo straf hulle met drie punte om Pukke ‘n skrale een punt voorsprong te gee.

Hugo het sy 50% skop-persentasie behaal toe hy sy derde strafskop met slegs agt minute speeltyd oor deur die pale gestuur het.

UJ kon nie ‘n drie gaan druk in die finale minute nie en hierdie naelbytstryd het genadiglik vir Pukke op ‘n verligtende noot geëindig.

Pukke se haker, Wilmar Arnoldi, is vir sy werk voor en in die lynstane as speler van die wedstryd aangewys.

 

Punte: NWU Pukke 16 (10)

Strafskoppe: Schalk Hugo (3)

Drie: Jimmy Mpailane

UJ (12) 12

Strafskoppe:  Divan Nel (4)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button