SportSport

HTS Potch se Reabetswe Mokgoro maak naam met skitterende vertonings in Cubsweek

Twee van die stad se belowendste jong veelsydige krieketspelers, Reabetswe Mokgoro en Louis van Schalkwyk, is onlangs na die afloop van die o.19 Khaya Majola Krieketweek vir die gesogte bizhub Lions Cubsspan gekies. Hierdie Cubsspan het aan die KSA Nasionale Cubsweek vanaf 4 tot 8 Januarie in Stellenbosch deelgeneem, waar die Lions teen vyf ander …

Twee van die stad se belowendste jong veelsydige krieketspelers, Reabetswe Mokgoro en Louis van Schalkwyk, is onlangs na die afloop van die o.19 Khaya Majola Krieketweek vir die gesogte bizhub Lions Cubsspan gekies.

Hierdie Cubsspan het aan die KSA Nasionale Cubsweek vanaf 4 tot 8 Januarie in Stellenbosch deelgeneem, waar die Lions teen vyf ander spanne in ‘n provinsiale toernooi teen die beste spelers in die land kragte meet.

Reabetswe Mokgoro word hier deur sy Bizhub Lions Cubs spanmaats geukgewens.
Reabetswe Mokgoro word hier deur sy Bizhub Lions Cubs spanmaats geukgewens.

Elke groot provinsiale konsessiespan kies die beste spelers uit hulle verkose streek om aan dié toernooi deel te neem. Die bizhub Lions kies in hierdie geval die beste spelers van Noordwes en Gauteng waarvan Mokgoro (HTS Potchefstroom) en Van Schalkwyk (Hoër Volkskool Potchefstroom) uitmaak. Mokgoro het sommer gou self ingeklim en verstommende boulsyfers van 6/37 teen die SA o.17 uitnodigingspan behaal in die kleure van die bizhub Highveld Lions se o.17’s.

“Ek is bly dat ek nog ‘n kans kon kry om myself te bewys nadat ek nie op standaard tydens die Coke Week gespeel het nie. Ek is baie bly oor hoe hierdie Cubsweek begin het,” het hy na sy skitterende boulvertoning vertel.

Volkies se Louis van Schalkwyk
Volkies se Louis van Schalkwyk

Van Schalkwyk het ook met 2/8 bygedra in ‘n besondere eerste wedstryd vir die Noordwesters.

Van Schalkwyk was algeheel verras met sy insluiting, maar glo dat hy nou juis alles sal gee om die keurders se vertroue in hom te vergroot. “Dit was ‘n groot verrassing wat my definitief onkant gevang het, maar tog weet ek ook dat die kans net een keer kom en dat ek dit met albei hande gaan gryp. Ek is baie op my senuwees, maar sien ook baie uit omdat ek weet van die land se beste krieketspelers daar gaan wees,” het Van Schalkwyk gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button