SportSport

Van Skoolbank na Sportveld: Eliz-Maric Cronjé

Eliz-Maric Cronjé van Potchefstroom Swemklub is een van die stad se uitstaande swemmers. Tot en met die afgelope swemseisoen het sy in totaal 27 Noordwes ouderdom-rekords en een NW ope-rekord verbeter, waarvan een rekord 17 jaar gestaan het. Dié matriekleerling van Potchefstroom Gimnasium verteenwoordig ook Noordwes Swem vanaf negejarige ouderdom en het die afgelope seisoen …

Eliz-Maric Cronjé van Potchefstroom Swemklub is een van die stad se uitstaande swemmers. Tot en met die afgelope swemseisoen het sy in totaal 27 Noordwes ouderdom-rekords en een NW ope-rekord verbeter, waarvan een rekord 17 jaar gestaan het. Dié matriekleerling van Potchefstroom Gimnasium verteenwoordig ook Noordwes Swem vanaf negejarige ouderdom en het die afgelope seisoen vir die tweede keer vir provinsiale senior kleure gekwalifiseer. Tydens die NW swem prysuitdeling word sy ook aangewys as Noordwes se beste ope-vroueswemmer.

Skool: Potchefstroom Gimnasium

Ouderdom: 18

Beste prestasies die afgelope seisoen?

Ek het een goud, een silwer en twee brons medaljes tydens SA Skole gekry. Die hoogtepunt was egter tydens die SA nasionale kampioenskappe waartydens ek vir die ope-afdeling se semi-finale gekwalifiseer het. Ek het toe 16de algeheel in die 50 meter rugslag geëindig.

Hoe balanseer jy skoolwerk en sport?

Goeie beplanning, tydsindeling en baie lang ure. My ma het op laerskool die beplanning en tydsindeling behartig en ek het net daarmee volgehou op hoërskool. Ek is vas oortuig dat dit die grondslag was vir my akademiese prestasies waar ek vanaf graad 7 tot 12 aangewys is, as dux-leerder.

Hoe het jou passie vir swem ontwikkel?

My ouers het my op 18 maande by tannie Despo du Toit vir waterveiligheidslesse ingeskryf en dit is waar alles begin het. Op vierjarige ouderdom neem ek aan my eerste Noordwes ouderdomsgroep-gala in die afdeling agt jaar en jonger, deel.

Kan jy jou eerste goue medalje onthou?

Ja baie goed! Dit was ook op vierjarige ouderdom tydens ‘n kortbad klubkompetisie in Lichtenburg. Dit is tot vandag toe ‘n baie spesiale een, aangesien my eerste gala ‘n mislukking was.

Lewenslesse wat jy uit swem geleer het?

Tydens my eerste gala het ek met die eerste item “ingeplons” en dadelik weer uitgeklim, tot groot ontsteltenis van my ouers. Ek glo die water was op daardie stadium net te koud en die 50 meter toe net te ver. In swem is dit net jy en die water en daar is nie plek om weg te kruip nie. Deur weg te kruip sal jy ook nie sukses in die lewe behaal nie. So duik in en doen dit!

Een gala wat uitstaan?

Beslis die 2014 SA nasionale kampioenskappe waartydens ek twee goud en ‘n brons medalje in die junior-afdeling losgeswem het. Ek het ook tydens dieselfde gala ‘n junior Olimpiese kwalifiserende tyd in die 50 meter rugslag geswem en vir die ope semi-finale gekwalifiseer waar ek ‘n algehele 15de plek behaal het.

Wat is jou gunsteling item?

Beslis die 50 meter rugslag en 200 meter wisselslag.

Kortbad of langbad galas?

Kortbad, omdat onderwaterwerk en krag dan baie belangrik is, wat my sterk punt is.

Swem rolmodelle?

Alle gestremde swemmers – hulle het guts!

Die strafste wat jy vir ‘n gala voorberei het?

Net voor die 2014 SA nasionale kampioenskappe het ek ongeveer 350 kilometer in agt weke geswem. Dit was nodig om fiksheid te herwin na ‘n fratsongeluk my vir n week gehospitaliseer het.

Persone wat die grootste rol in jou sport gespeel het?

Tannie Despo du Toit en tannie Carine Cronjé, asook my huidige afrigter, Marike van Oort. Dan natuurlik my ouers. Soos my pa altyd sê “I have seen and heard it all and paid for it all.”

Toekomsplanne?

Met ons Hemelse Vader se wil en genade beplan ek om volgende jaar op Stellenbosch my studies in B.Rek. LL.B af te skop. Ek sal graag ook steeds kompeterend wil swem solank my studies dit toelaat.

Vyf items wat jy na ‘n verlate eiland sal saamneem?

Moeilke een – Vyf bikinis

Drie dinge wat jou irriteer?

Mense wat te ernstig is en nie meer weet hoe om die lewe te geniet nie.

Negatiwiteit

Selfbejammering

Drie dinge wat jou gelukkig maak?

Om teen die ‘odds’ te wen.

Opbouende mense

Enige iets wat my adrenalienvlakke laat styg.

Facebook of Instagram?

Regtig te besig vir enige van die twee

Chocolate of jellielekkers?

Jellielekkers

Takeways of braaivleis?

Braaivleis

Uiteet of fliek?

Uiteet en dan die aand af te sluit met ‘n goeie fliek

Komedie of aksieflieks?

Komedie

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button