SportSport

Potchefstroom Rolbalklub se mans kraai koning

Die Potchefstroom Rolbalklub se mans Premierligaspan het die liga oortuigend gewen na hulle Saterdag behoorlik gemors het met Parys. Die Potchefstroom span het die Viere met 36-6 gewen, die Enkelspel met 21-11, die Driespel met 22-7 en die Pare met 14-9. Die totaal was 93-33, in enige taal ‘n behoorlike loesing. Die kampioenspan eindig op …

Die Potchefstroom Rolbalklub se mans Premierligaspan het die liga oortuigend gewen na hulle Saterdag behoorlik gemors het met Parys.

Die Potchefstroom span het die Viere met 36-6 gewen, die Enkelspel met 21-11, die Driespel met 22-7 en die Pare met 14-9. Die totaal was 93-33, in enige taal ‘n behoorlike loesing.

Die kampioenspan eindig op 40 ligapunte, Klerksdorp 1 het 36, Parys het 26, Klerksdorp 2 het 25, Fochville spring die valbyl net-net vry met 12 punte en La Farge skuif af Eersteliga toe met 11 punte.

Saterdag vind die finale van die Eersteliga by die Buiteklub se bane plaas. Die mans eindstryd wat ook bepaal wie opskuif na die Premierliga, is tussen Strathvaal en Klerksdorp. Klerksdorp staan dus ‘n kans om drie spanne in die Premierliga te hê.

Die nuus in die Vroue Premierliga is nie so goed nie: die Buiteklub se vrouespan in die liga het laaste geëindig en sal afskuif na die Eersteliga. Hulle plek sal geneem word deur of Potchefstroom Dorp of Mafeking.

Die twee spanne speel ook Saterdag in die Eersteliga eindstryd by die Buiteklub. Klerksdorp se vroue het die Premierliga gewen.

*Die Noordwes senior pare kampioenskap is ook afgehandel en die manstitel gaan ook na die Potchefstroom Rolbalklub.

Ronnie Palmer en Jean du Plessis het in die finaal afgereken met Gene Hill en Chris Nicholaou van Zeerust. Die vroue kampioenspan is Parys se Magdel O’Donoghue en Toets van der Westhuizen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button