SportSport

Van Skoolbank na Sportveld: Melissa Smit

Skool: Potchefstroom Gimnasium Ouderdom: 17 Sport (span): Netbal eerste span 2016 Beste prestasies: Noordwes-span gekry elke jaar vanaf o.12 en in SA-span ingesluit wat in 2017 in Fiji gaan deelneem. Hoogtepunt van die jaar: Om ses weke na my kniebesering weer te kon netbal speel in die Kaap vir die Noordwes Provinsie. Ek is daar as …

Skool: Potchefstroom Gimnasium

Ouderdom: 17

Sport (span): Netbal eerste span 2016

Beste prestasies: Noordwes-span gekry elke jaar vanaf o.12 en in SA-span ingesluit wat in 2017 in Fiji gaan deelneem.

Hoogtepunt van die jaar: Om ses weke na my kniebesering weer te kon netbal speel in die Kaap vir die Noordwes Provinsie. Ek is daar as een van die top 35 spelers van die toernooi gekies.

Hoe het jou passie vir netbal ontwikkel? My passie vir netbal het in die Laerskool begin toe Marle Geel en me. Ansa Venter ons afrigters was.Hulle het my geleer om voluit te speel en nooit op te gee en die spel te geniet.

Hoe balanseer jy skoolwerk en sport?

Dis baie moeilik, ‘n mens moet maar net elke dag goed beplan en tyd maak vir beide. En naweke genoeg slaap!

Lewenslesse wat jy uit sport geleer het:

Een van die belangrikste lesse wat ek geleer het is, moet nie opgee as dinge nie gaan soos jy dit wil hê nie.

Wat maak Potchefstroom uniek en waar is jou gunsteling plek in die stad?

Potch is klein, maar ook net groot genoeg. Wat die stad uniek maak is die sport en ook die mense hier. My gunsteling plek is die Bult.

Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem?

Peaceful Sleep, my selfoon, sonbrille, my bikini en Astro’s

Vyf mense wat jy nog sal wil ontmoet?

Channing Tatum, Maria Sharapova, Maryka Holtzhausen, Rafael Nadal en Ian Somerhalder.

Drie dinge wat jou irriteer?

As my data klaar is, mense wat vir my jok en as die gym te vol is op ‘n Maandag.

Drie dinge wat jou gelukkig maak? Die gevoel voor ‘n netbalwedstryd, my hond Abby en as ek nuwe plekke in die wêreld sien.

Drie mense/goed wat jou inspireer?

Alledaagse mense en dinge. Om te sien wat die mense om my deurgaan en hoe hulle daarop reageer, inspireer my. Tog bly my grootste inspirasie die Here en wat Hy alles is en doen. En die motiveringsvideos wat ek gereeld kyk.

Take doen of toetse skryf?

Ek sal verkieslik nie een van die twee wil doen nie, maar as ek moet kies sal dit maar ‘n ou toetsie wees.

Pizza of KFC?

Definitief Pizza!

See of Bosveld?

Beslis die see

Winter of somer?

Ek is ‘n winter mens

Romantiese komedie of riller flieks?

Ek is mal oor ‘n goeie riller!

Facebook of Instagram?

Ek is ‘n groot Instagrammer!

Related Articles

Back to top button