Stad se spanne kan balle rol

Die twee spanne van die stad in die Noordwes Rolbal se Premierliga, het ‘n uitstekende Saterdag agter die rug. In die Mans Premierliga het die Potchefstroom Dorp Rolbalklub span wat bestaan uit Pikkie Abbott, Pierre Breitenbach, Jean du Plessis, Ronnie Palmer en Smittie Smit ‘n puik oorwinning oor Klerksdorp 1 behaal. Die span het die …

Die twee spanne van die stad in die Noordwes Rolbal se Premierliga, het ‘n uitstekende Saterdag agter die rug.

In die Mans Premierliga het die Potchefstroom Dorp Rolbalklub span wat bestaan uit Pikkie Abbott, Pierre Breitenbach, Jean du Plessis, Ronnie Palmer en Smittie Smit ‘n puik oorwinning oor Klerksdorp 1 behaal. Die span het die Viere met 21-19 gewen en in die Enkelspel het Carl (Smittie) Smit uitstekend gevaar teen Tinus Crous en 21-7 gewen. Potch Dorp het die Pare gewen (18-15) en net die Driespel verloor (17-16). Algeheel het Potch Dorp 76-58 gewen. Na twee rondes is Potch Dorp saam met Parys 1 die voorloper in die liga met 14 punte elk.

Die Buiteklub se Vroue Premierliga span wat bestaan uit Helena Koekemoer, Jackie Scheepers, Gina Kennedy, Anjeliek Verster en Trix Roux het baie maklik het Strathvaal afgereken en algeheel 93-65 gewen om na twee rondes in die liga stewig in die vierde plek in die liga te lê met 9 punte. La Farge loop voor saam met Klerksdorp1 op 12 punte. Parys 1 het 10 en die Buiteklub het 9.

Saterdag se aksie in die ligas lyk so:

Mans Premierliga: La Farge in Lichtenburg

Vroue Premierliga: Strathvaal in Stilfontein

Eersteliga: Vroue: Seksie 1: Potchefstroom Rolbalklub

Seksie 2: Klerksdorp

Mans: Seksie 1: Klerksdorp

Seksie 2: Potchefstroom Buiteklub (PCC)

Exit mobile version