NWU-Puk top 30 atletiek bring beste atlete na Potch

Die sesde NWU-Pukke Top 30 Atletiekbyeenkoms gaan op 21 en 22 Oktober by die McArthur Stadion plaasvind. Dit begin die Vrydag reeds om 11:30. Meer as 2 000 atlete van meer as 50 skole landwyd, gaan vanjaar daar  deelneem. Brendon Skinner (17) van Hoërskool Garsfontein, het reeds vanjaar 83.86m ver gegooi met die spies. Die …

Die sesde NWU-Pukke Top 30 Atletiekbyeenkoms gaan op 21 en 22 Oktober by die McArthur Stadion plaasvind. Dit begin die Vrydag reeds om 11:30.

Meer as 2 000 atlete van meer as 50 skole landwyd, gaan vanjaar daar  deelneem.

Brendon Skinner (17) van Hoërskool Garsfontein, het reeds vanjaar 83.86m ver gegooi met die spies. Die spiesgooi gaan definitief een van die hoogtepunte wees van die byeenkoms.

Retshiditswe Mlenga het verlede  naweek by die Elardus Erasmus-byeenkoms ‘n handtyd van 10.09 in die 100m gehardloop met ‘n sterk wind van agter, Dit behoort ook een van die hoogtepunte te wees by die seuns 16 100m, Retshiditswe is ‘n leerling van Prestige College.

Velmein Hendriks kan heel moontlik die Suid-Afrikaanse jeugrekord verbeter in die dogters 17 100m Hekkies.

Die atleet van Helpmekaar het verlede naweek in Naboomspruit die hekkies gewen met ‘n tyd van 13.12 sekondes met ‘n sterk wind van agter.

Potchefstroom Gimnasium, Potchefstroom Girls High en Potchefstroom Volkskool is die plaaslike skole wat saam met groot kokkedore soos Helpmekaar, Menlopark en Prestige College gaan kragte meet.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version