SportSport

Pukke te goed vir Potch Dorp in Premierliga-stryd

NWU Pukke 1 se krieketafrigter, Conrad de Swardt sal nie sommer sy verjaarsdag vanjaar vergeet nie. Sy span het Saterdag, 15 Oktober vir hom ‘n lekker geskenk gegee toe hulle Potch Dorp met 10 paaltjies verslaan het. Hierdie Noordwes Klubkrieketliga-stryd wat op die Pukke Oval plaasgevind het, was van die eerste paar boulbeurte stewig in …

NWU Pukke 1 se krieketafrigter, Conrad de Swardt sal nie sommer sy verjaarsdag vanjaar vergeet nie. Sy span het Saterdag, 15 Oktober vir hom ‘n lekker geskenk gegee toe hulle Potch Dorp met 10 paaltjies verslaan het.

Hierdie Noordwes Klubkrieketliga-stryd wat op die Pukke Oval plaasgevind het, was van die eerste paar boulbeurte stewig in Pukke se greep, met Armand Erasmus (6-28) wat chaos vir Potch Dorp se kolwers veroorsaak het. Erasmus was uitstekend en het met swaai en uitstekende lyn en lengte die kolwers laat les opsê.

Net Marcus Fourie met 51 kon enige iets met die kolf doen in Dorp se groottotaal van 114 almal uit in slegs 29 boulbeurte.

Toe Pukke die skrale 115 lopieteiken najaag het dit skielik gelyk of hulle op ‘n totaal ander kolfblad kolf. Dorp se boulers het geen antwoord vir die kragtige Janneman Malan gehad wat ‘n blitsige 86 van 56 balle gemoker het. Met 12 viere en vier sesse het hy en Richardt Frenz met 26 (26) die lopies in slegs 13 boulbeurte geslaan.

Pukke is tans bo aan die punteleer en is nou saam met Vaal Reefs die enigste onoorwonne spanne in die liga.

Armand Erasmus was NWU Pukke 1 se uitstekende bouler met 6/28 wat Potch Dorp laat struikel het. Pukke het die Noordwes Premierliga-kragmeting teen Dorp met 10 paaltjies gewen.

Foto’s: Wouter Pienaar

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button