Van Skoolbank na Sportveld: Cobus Crowther

Met sy kenmerkende wit kolfhelm en bril is Cobus Crowther van Hoër Volkskool Potchefstroom een van die bekendste gesigte langs ‘n skolekrieketveld in die stad. Daarby is sy draaiballe ook nog ‘n uitstekende rede om ‘n oog op hierdie jong krieketspeler te hou. Die graad 11-leerder het reeds vir die Dragons uitgedraf en saam met …

Met sy kenmerkende wit kolfhelm en bril is Cobus Crowther van Hoër Volkskool Potchefstroom een van die bekendste gesigte langs ‘n skolekrieketveld in die stad.
Daarby is sy draaiballe ook nog ‘n uitstekende rede om ‘n oog op hierdie jong krieketspeler te hou. Die graad 11-leerder het reeds vir die Dragons uitgedraf en saam met ‘n paar groot name die veld gedeel. Herald het meer oor hierdie veelsydige speler gaan uitvind:
Skool: Hoër Volkskool Potchefstroom
Ouderdom: 17
Sport: Volkskool se eerste krieketspan
Beste prestasies: Hierdie jaar met die NPL (North-West Premier League) toe ek 4/11 gekry het en ook die speler van die toernooi by die NSL (u.17 North West Schools League) gekry het. Professionele krieketspelers soos Rassie van der Dussen en Dwaine Pretorius het my van die begin af by die NPL baie gemaklik laat voel.
Hoe het jou passie vir krieket ontwikkel? Ek het nooit ‘n Noordwesspan gehaal nie, maar einde graad 7 videos op Youtube gekyk hoe Shane Warne (voormalige Australiese draaibalbouler) geboul het. Ek het maar leer boul en verbeter deur die videos te kyk.
Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? Ek speel baie krieket en die onderwysers help my werklik baie om op te vang en by my skoolwerk uit te kom. Ek geniet besigheidstudies die meeste. Ek hou daarvan om uit te vind hoe die besigheidswêreld werk.
Lewenslesse wat jy uit sport geleer het: As jy êrens wil kom moet jy hard werk en kan opoffer. ‘n Mens moet ook altyd besef dat ‘n mens nooit sukses op jou eie kan bereik nie.
Eerste krieketwedstryd wat jy regstreeks gekyk het? Toe die Goodyear Eagles teen die Lions op die Wanderers gespeel het. Ek was toe in graad 3.
Gunsteling krieketspelers? Shane Warne, Sachin Tendulkar, AB de Villiers, Dale Steyn en JP Duminy.
Beste bal wat jy al ooit geboul het? Dit was in my eerste wedstryd vir Volkies se o.15 span gewees. In daardie wedstryd is ons span vir 72 uitgeboul en toe boul ons hulle uit vir 48. Een van my balle het in lyn met die bypen geland en toe die wegpen getref.
Grootste krieketdroom? Op hierdie oomblik wil ek graag vir die Noordwes Dragons speel en dit van daar af vat.
Beste boulsyfers: 6/5 in 5 boulbeurte
Hoogste telling: 113 nie uit nie.
Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem? Bybel, enige bal, ‘n tydskrif, musiek en my foon.
Vyf krieketspelers wat jy nog sal wil ontmoet? Shane Warne, JP Duminy, Anil Kumble, Daniel Vettori en Jacques Kallis.
Drie mense wat die grootste invloed op jou krieket het? Andries Huisamen, Wynand “Duimpie” Schmitt, en my pa David.
Drie dinge wat jou irriteer? Mense wat voorgee dat hulle iemand is wat hulle nie is nie. As iemand altyd iets beter het om te vertel en as ‘n mens baie huiswerk kry.
Drie dinge wat jou gelukkig maak? Wanneer mense iets vir ander doen sonder om iets terug te verwag. Dit is lekker om oor die lewe en krieket in die algemeen te leer.
Vier goed wat mense nie van jou weet nie? Ek luister na redelike ou musiek soos Billy Joel. Ek slaap met Gospelmusiek aan. Ek stofsuig my krieketkit voor elke wedstryd. Ek drink nie regtig gaskoeldrank of eet baie lekkers nie en eet gesond.
Pizza of Burgers? Burgers, veral ‘n hoenderburger
Roomys of jellielekkers? Jellielekkers
Rock of Popmusiek? Popmusiek
Aksie of komedie-flieks? Komedie.
Facebook of Instagram? Instagram
Ses van die laaste bal of ‘n paaltjie met die laaste bal? Paaltjie met die laaste bal.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version