SportSport

Marais en Schlebusch as duiwekampioene gekroon

In die laaste wedvlug van die resiesduif-seisoen vanaf Beaufort-Wes (760 km) het beide klubs ‘n eerste keer wenner vir die seisoen gehad. By Potchefstroom Resiesduifklub het die A.B. Hill sr. en jr. die grote vir laaste gebêre en wedvlug een se eerste en tweede plek verower. Kiewiet & Christo eindig derde met Nic Stassen vierde …

In die laaste wedvlug van die resiesduif-seisoen vanaf Beaufort-Wes (760 km) het beide klubs ‘n eerste keer wenner vir die seisoen gehad.

By Potchefstroom Resiesduifklub het die A.B. Hill sr. en jr. die grote vir laaste gebêre en wedvlug een se eerste en tweede plek verower. Kiewiet & Christo eindig derde met Nic Stassen vierde en Salty & Lettie vyfde. In die laaste wedvlug verower Salty & Lettie hulle sesde wen van die seisoen. Verkeersman Nic Stassen verower plekke twee en vier. Rooikraal (Roelf van Aswegen) eindig derde en Saltie & Lettie vyfde.

By Mooirivier Resiesduifklub vlieg die “ou menere” At & Louw hulle eerste wen van die seisoen. Dit was in wedvlug twee. Riaan Grobler eindig tweede en met Hennie Aucamp derde en Johan van Wyk vierde en vyfde. In wedvlug een vier Suidwester Willem Moolman sy tweede wen van die jaar. Johan Schlebusch vlieg net nog ‘n wen mis en Fanie & Louise eindig hier derde.

2016 se punte by P.P.K. word soos volg afgesluit in die onderskeie afdelings:

Ope-kampioen: Kiewiet Marais 4040, Salty en Lettie 2721, Faan de Beer 2510, Rooikraal 2474 en Nic Stassen 1765.

Kiewiet Marais was van dag een af die man om te klop. Hy het ‘n uitstekende jaar gehad. Sedert Saltie & Lettie na Potchefstroom verhuis het, het hulle die beste seisoen nog hier in Potch beleef! In die algehele afdeling verpletter Marais sy teenstaanders. Algehele kampioen: Marais 6078, Rooikraal 3894, Salty 3747, Faan de Beer 3421 en Sarel Naude 2554.

Die jaar se punte by M.R.K. lyk soos volg; Langpad: Schlebusch 892, Aucamp 870, Arrie Marais 808.

Ope-afdeling: Schlebusch 1932, Marais 1445, Moolman 1267, Aucamp 1134 en Fanie & Louise 1080.

Algehele afdeling: Schlebusch 2620, Marais 1978, Fanie & Louise 1896, Aucamp 1876 en Moolman 1759.

Kiewiet Marais en Johan Schlebusch word welverdiend gekroon as kampioene by hulle onderskeie klubs. Schlebusch wat verlede jaar se uniekampioen was, is ‘n uitstekende sportman met puik duiwe. As die kampioen-mantel vanjaar op die skouers van Marais sou val, sal Schlebusch hom dit sportief gun, want Marais het vanjaar ‘n droomjaar gehad wat enige duiweboer begeer, met sy 18 wenne in 18 weke.

Marais het nie net uitstekende duiwe nie, maar hy beskik oor puik hokbestuur. Met Christo Snyman wat hom vanjaar bygestaan het in die padwerk, het die kombinasies meesterlik gewerk. Lees gerus volgende week in die Herald hoe die Potch manne gevaar het in die Westelike Posduif-unie.

“Lekker rus ou kleintjie!”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button