Spannende einde vir Noordwes senior gholf-ope
Die Noordwes senior gholf-ope is op 1 en 2 Oktober by die Buiteklub aangebied. Van die top senior spelers in die land het aan die toernooi oor 36 putjies deelgeneem. Die toernooi het ‘n opwindende einde gehad, toe Steven Williams van Modderfontein gholfklub en Duncan Neill van Germiston gholfklub in ‘n uitspeelstryd betrokke was om …
Die Noordwes senior gholf-ope is op 1 en 2 Oktober by die Buiteklub aangebied. Van die top senior spelers in die land het aan die toernooi oor 36 putjies deelgeneem. Die toernooi het ‘n opwindende einde gehad, toe Steven Williams van Modderfontein gholfklub en Duncan Neill van Germiston gholfklub in ‘n uitspeelstryd betrokke was om te bepaal wie die kampioen is vir die seniors (ouderdom 50 tot 60). Williams het die uitspeel op die derde uitspeelputjie gewen. Die Noordwes kampioen is Christo Reyneke van Lichtenburg, wat ook die super senior (ouderdom 60 +) kampioen was.
Die voorste posisies was soos volg:
1 Steven Williams 70 72 142
2 Duncan Neill 69 73 142
3 Greg Gleeson 73 70 143
4 Christie le Roux 75 71 146
4 William Skinner 75 71 146
4 Stephen Johnston 71 75 146
4 Morgan Phillips 71 75 146
8 Christo Reyneke 75 72 147
9 Adrian Kriel 75 73 148
10 Schalk Naude 73 76 149
11 Jock Wellington 77 73 150
11 Henri Swanepoel 75 75 150
*Ander kompetisies by die Buiteklub die week was:
* Woensdag 28 September het die klub ‘n bonus bogey-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Awie Otto met +6
2e – Albert Britz +2
3e – Joe Wood +2
*Die nege putjie Vleiskompetisie op Vrydag 30 September se formaat was IPS en die wenners was:
1e – Martin Botha met 21 punte
2e – Henri Swanepoel met 21 punte
3e – Manie Smit met 21 punte
Foto’s: Wouter Pienaar