Noordwes hokkiespan wen gesogte IPT toernooi

Die o.18 Noordwes hokkiespan het die afgelope vakansie ‘n merkwaardige prestasie behaal toe hulle by die Inter Provinsiale hokkietoernooi (IPT) se B-afdeling as wenners gekroon is. Verskeie vriendskaplike wedstryde is in die aanloop tot die nasionale weke gespeel, wat die span mooi voorberei het. Tydens die IPT-toernooi wat van 26 Junie tot 1 Julie plaasgevind …

Die o.18 Noordwes hokkiespan het die afgelope vakansie ‘n merkwaardige prestasie behaal toe hulle by die Inter Provinsiale hokkietoernooi (IPT) se B-afdeling as wenners gekroon is. Verskeie vriendskaplike wedstryde is in die aanloop tot die nasionale weke gespeel, wat die span mooi voorberei het.

Tydens die IPT-toernooi wat van 26 Junie tot 1 Julie plaasgevind het, het Noordwes twee wedstryde teen Limpopo en Noord-Kaap gelykop gespeel en drie wedstryde teen Oos-Gauteng, OP en SWD onderskeidelik gewen. Omdat die spanne baie gelyk in dié toernooi was, moes Noordwes in hulle vierde wedstryd teen OP met drie doele of meer wen en SWD ook klop. Dit was pure vasberadenheid en spanwerk wat die span na ‘n 5-0 oorwinning teen OP en ‘n 2-0 oorwinning teen SWD gelei het.

Sodoende is die span halfeindstryd toe waar hulle teen ‘n baie sterk Vrystaat-B span te staan gekom het. Toe die eindfluitjie tussen hierdie twee spanne blaas, was die telling 1-1 waarna strafdoele (penalty-shootouts) die wedstryd bepaal het. Noordwes het hulle emosies beheer en hierdie strafdoelstryd met 3-2 gewen.

Die het beslis karakter vir die eindstryd teen OP gebou, wat deur menigte as een van die wedstryde van die toernooi beskou is. Noordwes kry weereens die oorhand oor die OP, net soos in die groepfase en wen 2-0.

Nie net het Noordwes die trofee ingepalm nie, maar skuif nou ook volgende jaar na die A-afdeling, wat ‘n interessante toets op sy eie vir die plaaslike spelers van die provinsie sal wees.

Hierdie gedugte span se vasberadenheid, karakter in moeilike omstandighede en groot hart het hulle in goeie stand gedurende die toernooi gehou. Individuele spelers kan nie regtig uitgesonder word nie, aangesien hierdie ‘n totale spanpoging van begin tot einde was.

Groot lof moet aan die afrigters, Hanelie Podd (Grenville High School in Rustenburg) en Sulette Damons (Potchefstroom Gimnasium), gegee word vir die wyse waarop hulle die span afgerig het. Damons het self ook al diep spore in Protea hokkie getrap as speler en dit mag dalk so wees dat een van hierdie spelers ook eendag die Protea op hulle bors sal dra.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version