Potchefstroom Swemklub vier 30steverjaarsdag as Noordwes kampioene

Die Potchefstroom swemklub het onlangs sy dertigste verjaarsdag gevier. Verskeie prestasies van die afgelope seisoen het bygedra tot dié feesvieringe. Daar was egter ook hartseer oor die verlies van een van die klub se ster swemmers, Martin du Toit, wat vroëer die jaar oorlede is. Martin is vereer vir sy bydrae as puik swemmer, leier …

Die Potchefstroom swemklub het onlangs sy dertigste verjaarsdag gevier. Verskeie prestasies van die afgelope seisoen het bygedra tot dié feesvieringe. Daar was egter ook hartseer oor die verlies van een van die klub se ster swemmers, Martin du Toit, wat vroëer die jaar oorlede is. Martin is vereer vir sy bydrae as puik swemmer, leier en rolmodel.Nege swemmers het kwalifiseer vir Noordwes junior kleure en en swemmer, Eliz-Maric Cronje, vir Noordwes Senior kleure.

Potchefstroom Swemklub het weereens, soos in die 2015/2016 swemseisoen, die kortbad, sowel as langbad kampioenskappe in Noordwes teen 15 ander klubs gewen. Tydens die kortbadkampioenskappe het swemmers van Potchefstroom swemklub 15 individuele rekords en 3 aflosrekords verbeter. Tydens die Noordwes Kampioenskappe (langbad gala) was die klub nie net die algehele wenners nie, maar het ook 38 goue medaljes, 31 silwer medaljes en 25 brons medaljes ingepalm.

Vyf van die klub se swemmers het kwalifiseer om aan die Vlak 3 nasionale swemgala te gaan deelneem. Tydens hierdie gala het hulle teen die topswemmers binne hulle ouderdomsgroep deelgeneem. Die volgende prestasies is behaal: Martin du Toit (7de plek vir rugslag en hy het kwalifiseer vir die senior SA kampioenskappe); Theo Ferreira (12e plek vir 100m vlinderslag); Eliz-Maric Cronje (6e plek vir 50m rugslag, 7e plek vir 60m vryslag en 8ste plek vir 200m borsslag en sy het deelgeneem aan die SA senior kampioenskappe); Idele du Toit (10de plek vir 50m vlinderslag, 11de plek vir 100m vlinderslag en 11de plek vir 50m borsslag); en Bianca Opperman (11de plek vir 50m borsslag).

Ses swemmers (Berto Scholtz, Botha du Toit, Rudy van Graan, Conrad Jordaan, Chazel Orton, Liza Slaughter en Nina Slaughter) het aan die Vlak 2 streeksgala deelgeneem waar die volgende swemmers onder die top 10 in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig het: Rudi van Graan was 8ste in die 100m vlinderslag; Chazél Orton was 5de in die 200m vryslag, 9de in die 100m vryslag en 8ste in die 50m vryslag en 50m vlinderslag; en Nina Slaughter was 4de in die 50m rugslag.

Vyf swemmers het aan die Vlak 1 streeksgala deelgeneem waar die volgende swemmers onder die top 10 in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig het: Alexia Delicado was 6de in die 50m vryslag en 9de in die 100m rugslag; Joël Kriek was 8ste in die 50m rugslag; en Keila Kock was 3de in die 100m vlinderslag en 10de in die 100m borsslag. Tydens die onlangse Sasol Nasionale Kampioenskappe in Sasolburg het die damesspan 5de uit 31 klubs geëindig. Dit is ‘n uitmuntende prestasie en ‘n teken dat die swemmers gereed is vir die nuwe swemseisoen.

Baie geluk aan die afrigters, Carine Cronje, Marike van Oort en Zoli de Kock, sowel as die swemmers van Potchefstroom Swemklub met uitstekende prestasies en 30 fantastiese jare. Die klub gaan van krag tot krag onder hulle leiding. Hulle groot geheim is dat elke swemmer belangrik is. Daar word nie net op die swemmer se prestasie in die swembad gefokus nie, maar op die ontwikkeling van hul totale menswees.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version