Plaaslike Mavericks hokkieklub maak naam

Hokkie is op die opdraende pad in die Noordwes met die herlewing van die klubliga in dié provinsie. Een van die plaaslike klubs wat sterk in hierdie nuwe liga ten vore tree is die Mavericks Hokkieklub wat met beide mans en damespanne vanjaar kompeteer. Hierdie Potchefstroomse klub het in 2014 bestaan nadat bestaande hokkiespelers die …

Hokkie is op die opdraende pad in die Noordwes met die herlewing van die klubliga in dié provinsie. Een van die plaaslike klubs wat sterk in hierdie nuwe liga ten vore tree is die Mavericks Hokkieklub wat met beide mans en damespanne vanjaar kompeteer.

Hierdie Potchefstroomse klub het in 2014 bestaan nadat bestaande hokkiespelers die nodige geleentheid wou hê om gereeld te kan hokkie speel.

“Daar was baie vriende wat wou speel en met die tyd het die klub gegroei tot waar hy vandag is. Dit is nou baie meer georganiseerd as voorheen. Die kompetisie in vanjaar se Noordwesliga is baie sterker as in die Puk-liga waar ons die eerste twee seisoene gespeel het,” vertel Bianca van den Berg, president van die klub.

Die klub se naam simboliseer die uniekheid van die spelers en dat hulle nie die normale reels volg nie. “Ons dink uit die boks en ons volg nie die stroom nie,” brei klubspeler Liandi Bothma meer uit oor haar span wat die NWU-Puk Astro as hulle tuiste gebruik.

Daar is min of meer 45 dames en 20 mans wat tans lede van die klub is en op ‘n weeklikse basis oefen en oor naweke ligawedstryde in die Noordwes winterliga speel.

“Ons het mense wat werke het en nog steeds die tyd en moeite in sit op die hokkieveld . Dit gaan oor daardie kameraadskap en spelerontwikkeling, nie net primer oor wen nie.” vertel Mariska Nel, ‘n speler van die Mavericks sowel as bemarking en komminikasiebestuurder vir die klub. Volgens Nel kan enige iemand aan die klub aansluit as hulle o.16 is en ‘n vrywaringsvorm teken. “Die 40 jariges sukkel net soms om by die fiksheid van die o.18’s te hou,” grap Nel.

Die kernaspek van hierdie hokkieklub is dat almal ‘n goeie tyd het, kompeterende en goeie hokkie speel en gesonde oefening in kry.

“Ons almal geniet die sport vreeslik en die klub gee ‘n goeie geleentheid om in kontak met ander mense te kom wat dieselfde passie as jy het,” vertel Mariska.

Vinnige feite:

Manskaptein: Brad-Lee Rowland

Dameskaptein: Stephani Scheepers

Kommitee:

President – Bianca van den Berg, Visie-President – Liandi Bothma, Sekretaresse – Jana Orsmond, Tesourier – Jean Robbertse, Bemarking en Kommunikasie – Mariska Nel, Adminastrasie – Stephani Scheepers en Brad-lee Rowland

Afrigters: Mans – Jana Orsmond. Dames – Danie Jacobs en Jaques Schutte

Besonderhede:

e-pos: mavericks.potch@gmail.com

Facebook: Mavericks Potch Hockey Club

Sel: 083 937 7177 of 072 240 2600

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version