Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Lonmin skakel Potch Dorp uit Neserliga uit

Potch Dorp se bekerdroom is verby na ’n 29-22 nederlaag teen Lonmin in die Neserliga halfeindstryd. Potch Dorp se eerstespan het hulle allerbes probeer om Lonmin op hulle tuisveld die afgelope Saterdag, 30 Julie, te klop, maar kon nie hul beste rugby op kritieke tye speel nie. Daar was soms oomblikke van sprankelrugby, maar dit …

Potch Dorp se bekerdroom is verby na ’n 29-22 nederlaag teen Lonmin in die Neserliga halfeindstryd. Potch Dorp se eerstespan het hulle allerbes probeer om Lonmin op hulle tuisveld die afgelope Saterdag, 30 Julie, te klop, maar kon nie hul beste rugby op kritieke tye speel nie. Daar was soms oomblikke van sprankelrugby, maar dit het te laat begin gebeur.

Linkervleuel, Deon van Zyl, het twee pragtige drieë gedruk. Potch Dorp het ’n slegte eerste helfte gehad en moes te veel doen in die tweede 40 minute om die 17-0 agterstand in te haal. Binnesenter, Franco van Dyk, het ook vir Dorp gaan druk.
Melusi Mgewa het vir Lonmin hulle eerste drie gaan druk, terwyl die flank, Jimmy Thomo, twee drieë ingepalm het. Thomo was een van Lonmin se staatmakers op die veld.

Kyk die foto’s hier:

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button