Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Foto’s: Gimmies se jonges vat o.14 NW-trofee

Daar is groot hoop vir Gimmies se rugbytoekoms nadat hulle jong o.14A-span as Noordweswenners bekroon is met ‘n hardwerkende 19-15 oorwinning teen Hoërskool Klerksdorp. Koot Booysen en SJ Janse van Rensburg se span het ‘n baie goeie eerste 50 minute beleef waar hulle Klerksdorp in vele fasette ore aangesit het. Dit was wel ‘n baie …

Daar is groot hoop vir Gimmies se rugbytoekoms nadat hulle jong o.14A-span as Noordweswenners bekroon is met ‘n hardwerkende 19-15 oorwinning teen Hoërskool Klerksdorp.

Koot Booysen en SJ Janse van Rensburg se span het ‘n baie goeie eerste 50 minute beleef waar hulle Klerksdorp in vele fasette ore aangesit het.

Dit was wel ‘n baie skraperige wedstryd met albei spanne wat onnodige hanteringsfoute beleef het.

Almero Niemann was op agtsteman sekerlik Gimmies se speler van die wedstryd met twee uitstekende driëe. Niemann se eerste drie het Gimmies ‘n 5-0 voorsprong teen halftyd gegee.

Gimmies het soos ‘n stoomtrein die tweede helfte begin met Niemann, sowel as kaptein, Liardt Redelinghuys wat in die nommer 13 trui sy span met daad gelei het.

Op daardie stadium was Gimmies 17-0 voor en het moegheid of ‘n gebrek aan ervaring hulle houvas op KHS verslap. KHS het nie ‘n tweede geleentheid gesoek nie en sonder skroom drie drieë gaan druk om die telling na 17-15 te neem.

Dit was wel net te laat vir KHS wat hulle derde drie in die laaste minuut gaan druk het. Vir Gimmies was die eindfluitjie ‘n soete klank van oorwinning sowel as verligting. ‘n Goeie leerervaring vir die seuns wat nou in die Beeldtrofee verder glorie sal soek.

Gimmies se afrigter, Koot Booysen, was vol lof vir sy spelers.  “Dit is ‘n voorreg  om met dié kinders te kan werk en dat hulle ook hierdeur besef watter voorregte hulle het. Daar is bewys dat harde werk beloon word.” “Op ‘n ligter noot is dit darem baie lekker om te sien hoe die seuns dit geniet en uiting gee wanneer die eindfluitjie blaas en hulle die trofee omhoog hou. ‘n Mens moet ook nie die ondersteuners in hierdie verband weggooi nie,” het Booysen gesê.

Foto’s: Wouter Pienaar

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button