Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Potch Dorp fokus vir halfeindstryd na Lichtenburg nederlaag

Toe Potch Dorp verlede Saterdag, 16 Julie teen Lichtenburg kragte gemeet het, was dit ‘n 50/50 affêre. Aan die een kant van die verhaal het Potch Dorp se eerstes deurgeloop en met 17-0 teen Lichtenburg se eerstes verloor. Aan die ander kant het Potch Dorp se tweedes die bordjies verhang en met ‘n weghol-oorwinning van …

Toe Potch Dorp verlede Saterdag, 16 Julie teen Lichtenburg kragte gemeet het, was dit ‘n 50/50 affêre. Aan die een kant van die verhaal het Potch Dorp se eerstes deurgeloop en met 17-0 teen Lichtenburg se eerstes verloor.
Aan die ander kant het Potch Dorp se tweedes die bordjies verhang en met ‘n weghol-oorwinning van 28-0 van die veld gedraf.
Die eerstespan het hard probeer om deur Lichtenburg se verdediging te beur maar het ondanks balhanteringsfoute en strafskoppe hulle kanse verbrou.
Lichtenburg het hulle kanse aangegryp met Tian Knoetze, Michael de Beer en Vean Roodt wat vir die besoekers gaan druk het.
Potch Dorp se tweedes gaan wel van krag tot krag en is na nog ‘n uitstekende oorwinning heel bo aan die punteleer. Die 28-0 loesing is danksy vier drieë van Dorp se Jacques Wernich, Deon van Zyl, Rudi Best en Botha van der Schyff.
Die tweedes is tans op 33 punte met Mafikeng wat net onder hulle op 26 punte lê. Op die Neserliga se eerstespan tabel neem Lichtenburg die voortou met 43 punte, terwyl Dorp se eerstes 35 punte het.
Die halfeindstryde vind op 30 Julie plaas met Lonmin of Leeudoringstad wat heel moontlik teen Dorp se eerstes te staan gaan kom, afhangend wat in komende naweek se wedstryd gebeur. Altwee spanne sal ’n moeilike stryd bied.

Kyk die foto’s hier: 

Foto’s: Wouter Pienaar

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button