Die jaarlikse Coke Netbaltoernooi het vandag (Vrydag, 22 Julie) by Hoër Volkskool Potchefstroom afgeskop.
Talle spelers van skole regoor die land neem aan hierdie toernooi deel. Plaaslike skole soos Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom sowel as groot skole soos Eldoraigne, Menlo Park,Nelspruit en HTS Middelburg meet hier kragte, om maar ‘n paar te noem.
Saterdag is dit die tweede dag wat net soveel aksie behoort te bring.
Kyk hier vir al die foto’s van die eerste dag se netbalaksie.
Foto’s: Wouter Pienaar
You can read the full story on our App. Download it here.