Luiperds verslaan Griekwas oortuigend

Die Luiperds het vanaand (Vrydag, 22 Julie) gemaklik met 37-17 die Griekwas op Olënpark verslaan om hulle Curriebeker kwalifiserende rondte op ‘n hoogtepunt af te sluit. Vrae kan gevra word, hoekom die Luiperds nie vroeër sulke goeie vertonings gelewer het, toe dit werklik vroeër die seisoen saakgemaak het nie. Boonop is die sterk Griekwasspan heel …

Die Luiperds het vanaand (Vrydag, 22 Julie) gemaklik met 37-17 die Griekwas op Olënpark verslaan om hulle Curriebeker kwalifiserende rondte op ‘n hoogtepunt af te sluit.

Vrae kan gevra word, hoekom die Luiperds nie vroeër sulke goeie vertonings gelewer het, toe dit werklik vroeër die seisoen saakgemaak het nie. Boonop is die sterk Griekwasspan heel bo aan die punteleer en het nie met die intensie gekom om deur die tuisspan geklop te word nie.

Wat die wen nog beter vir die Luiperds maak, is dat die nommer een losskakel, Benhard Janse van Rensburg nie gespeel het nie.

Bradley Moolman het die Luiperds se eerste drie gedruk, nadat Griekwas se Neil Moir die eerste punte van die wedstryd met ‘n strafskop aangeteken het. Na Moolman se drie het die Luiperds begin momentum bou en kort daarna het Bart le Roux en Wilmar Arnoldi oorgegaan om die Luiperds ‘n groot 22-3 voorsprong teen halftyd te gee.

In die eerste 20 minute van die tweede helfte het altwee spanne probeer om deur ‘n gaping te glip, maar altwee se verdediging was rotsvas.

Een van Griekwas se beste spelers op die dag was Jason-Collin Fraser en hy het verdien om albei Griekwas se twee drieë te druk. Een in die 67ste minnut en die ander in die 80ste minuut. Dit was wel mosterd na die maal en die Luiperds het die laaste sê gehad toe Jean Deysel aanhoudende aanvallende druk afgerond het.

Vermelding moet weereens aan Luiperds binnesenter, Henko Marais gegee word na nog ‘n uitstekende wedstryd wat hy met ‘n goeie drie beklink het.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version