Derde enkelspel rolbaltitel wink vir Breitenbach

Die derde Noordwes enkelspel-rolbaltitel is die naweek op die spel vir Potchefstroom Rolbalklub se goue seun, Pierre Breitenbach, wanneer die Noordwes meesterskampioenskap gespeel word. Die kampioenskap vind in drie afdelings plaas: senior, ope en junior. Die seniors speel by die Buiteklub, die ope wedstryde is by die Potchefstroom klub met die juniors wat in Stilfontein …

Die derde Noordwes enkelspel-rolbaltitel is die naweek op die spel vir Potchefstroom Rolbalklub se goue seun, Pierre Breitenbach, wanneer die Noordwes meesterskampioenskap gespeel word. Die kampioenskap vind in drie afdelings plaas: senior, ope en junior.

Die seniors speel by die Buiteklub, die ope wedstryde is by die Potchefstroom klub met die juniors wat in Stilfontein speel. Al die eindstryde vind Sondag by die Potchefstroom Rolbalklub plaas.

Helen Jansen van Strathvaal kan ook ‘n derde titel inpalm in die vroue ope afdeling. Die enigste Potchefstroom man in die senior afdeling is Jean du Plessis van Potch Dorp. In die senior vroue speel Miemie Swart, Brenda Palmer en Rose du Plessis van Potch Dorp en Helena Koekemoer van die Buiteklub.

In die mans ope is daar benewens Breitenbach ook sy klubmaat Gerrit Janse van Rensburg. In die vroue ope speel Elly van Dijk en Corrie Breitenbach van Potch Dorp en Sega Mokoto van Weermag.

Die Buiteklub se Meshack Kali, Jabu Nkosi, Phillip Degenaar en Chris de Wit speel in die Junior ope waar Potch Dorp se Alberto Casalegio ook meeding.

Die room van die provinsie se rolbalspelers sal Sondag so van 14:00 in aksie te sien wees.

Exit mobile version