SportSport

Potch se duiwemanne vlieg voor hierdie seisoen

Potchefstroom Posduifklub (P.P.K.) en Mooirivier Resiesduifklub (M.R.K.) is besig om die manne van Westelike Posduifunie behoorlik aan flarde te vlieg. Klubs van die unie strek sover soos Wesselsbron in die suide, tot by Carletonville in die noorde. Die afgelope naweek in die wedvlug (week sewe) vanaf Strydenburg (490 km) het Johan Schlebusch van M.R.K. koning …

Potchefstroom Posduifklub (P.P.K.) en Mooirivier Resiesduifklub (M.R.K.) is besig om die manne van Westelike Posduifunie behoorlik aan flarde te vlieg. Klubs van die unie strek sover soos Wesselsbron in die suide, tot by Carletonville in die noorde.

Die afgelope naweek in die wedvlug (week sewe) vanaf Strydenburg (490 km) het Johan Schlebusch van M.R.K. koning “gekoer” in beide wedvlugte en by P.P.K. het Nick Stassen die opewedvlug syne gemaak en Kiewiet Marais sy gebruiklike wen gevlieg in die jaarouds. Schlebusch en Marais staan beide nou op agt wenne vir die seisoen in hulle onderskeie klubs.

Die kortpad kampioen vir die Westelike Posduifunie wat na ses weke gekroon is, is Kiewiet & Christo hokke (P.P.K.) met 5033 punte. Schlebusch (M.R.K) eindig met 3455 tweede en Willem Moolman (M.R.K.) derde met 2626. In die volgende ses weke gaan die middelpad kampioen (460km tot 550km) bepaal word en in die laaste ses weke van die seisoen die langpadkampioen (570km tot 927km).

Die jaaroud, ouduif en algehele duif wat die meeste punte gemaak het in die unie, behoort aan Marais. Inteendeel die eerste vyf duiwe bo-aan die punteleer behoort aan hom.

Die eerste tien plekke, in al drie die afdelings in die Westelike Posduifunie behoort aan die Potch manne.

Jaaroud-afdeling: Kiewiet & Christo (2707), Schlebusch (2003), Rooikraal hokke (1890), Arrie & Tienie (1704) en Arrie Marais 1423.

Ope-afdeling: Kiewiet & Christo (3203), Schlebusch (2533), Salty & Lettie (1870), Willem Moolman (1676) en Sarel Naude (1434).

Algeheel: Kiewiet & Christo 5910, Schlebusch 4336, Saltie & Lettie 2966, Moolman 2959 en Naude 2809.

In die klubskild-kompetisie is P.P.K met 77 ‘n kortkop voor M.R.K. se 73 punte. Westelike Posduifklub in Klerksdorp is derde met 45, Bothaville vierde met 34, Losberg in Carletonville vyfde met 30 en Wesselsbron sesde met 27.

Volgende week se wedvlug sal plaasvind vanaf Prieska, wat ‘n afstand van 541 km is.

“Veilig vlieg ou kleintjie.”

Related Articles

Back to top button