SportSport

Luiperds se Gimmie-leier blink uit in Grant Khomo-week

Die pragtige Paarl was die bestemming vir van die land se kranigste o.16 rugbyspelers wat van heinde en ver per bus gereis het om hulle provinsies in die 2016 Grant Khomo-week vanaf 4-8 Julie te verteenwoordig. Ons Noordwes provinsiale manne wat met die Luiperd op die bors uitgedraf het, het heel skaflik vertoon en sal …

Die pragtige Paarl was die bestemming vir van die land se kranigste o.16 rugbyspelers wat van heinde en ver per bus gereis het om hulle provinsies in die 2016 Grant Khomo-week vanaf 4-8 Julie te verteenwoordig.

Ons Noordwes provinsiale manne wat met die Luiperd op die bors uitgedraf het, het heel skaflik vertoon en sal die toer as ‘n goeie leerskool sien.

Die Luiperds se o.16 span het die toernooi goed begin toe hulle Grens met 38-11 geklop het. In die tweede wedstryd het hulle wel uit stoom uit gehardloop met ‘n 39-7 loesing teen SWD.

Die Luiperds se goeie vertoning in hulle eerste wedstryd teen Grens is danksy hulle losskakel, Dirk Louw van Gimmies, wat ‘n goeie wedstryd gehad het en ook twee drieë in die proses gedruk het. Ricardo Botha, kaptein van die Luiperds, het ook sy span met durf gelei en nes sy skoolmaat Louw, kan Potch ook trots wees op dié jong man.

“Dit is ‘n ongelooflik ervaring om by hierdie nasionale toernooi te speel. Wat vir my in die week uitgestaan het, was die samewerking van die span. Ons het nie baie tyd gehad om aan mekaar gewoond te raak nie, maar ons het goed saamgespeel en daar was nie konflik nie,” vertel Ricardo.

Volgens Ricardo het die Luiperds nie vir enige span teruggestaan nie en moed uit die feit gehaal dat Boland vir die magtige WP kon onttroon in die Grant Khomo-week vanjaar. “Ons ouens het nooit opgegee nie en aanhou probeer en dit is iets wat baie belangrik is. Ek kan nie genoeg dankie sê vir my ouers wat my ondersteun en die Here wat my krag gee nie,” benadruk hy. Volkies se Anton Fuller was ook bedrywig op agtsteman en het ‘n drie in die loesing teen SWD gedruk om die telbord effens na ‘n moeilike dag bietjie kleur te gee.

Die derde wedstryd vir die o.16’s was min of meer dieselfde storie toe hulle teen die Pumas te staan gekom het. Die manne van Mpumalanga het gemaklik met 33-14 gewen. Die Luiperds het wel twee drieë aangeteken, weer eens danksy Fuller en Botha. Fuller het die kapteinskap vir hierdie wedstryd by Botha oorgeneem. Potchefstroom Boys High se Kamogela Majola het sy spoed ‘n paar keer bewys op linkervleuel in hierdie wedstryd.

Uitslae:

Luiperds o.16 – 7 SWD o.16 – 39

Grens o.16 – 11 Luiperds o.16 – 38

Luiperds o.16 – 14 vs. Pumas o.16 – 33

Related Articles

Back to top button