SportSport

Buiteklub verdedig gholftitel in Ekhuruleni

Eerskomende naweek verdedig die span van die Potchefstroomse Buiteklub hulle titel as kampioene van die Noordelike Provinsies se Gross liga by Ebotse Gholfklub in Ekurhuleni. Die span het die titel in 2015 by Potchefstroom Buiteklub verower. Dit was die tweede oorwinning vir die span in die finale. Die Buiteklub se span het ook in 2013 …

Eerskomende naweek verdedig die span van die Potchefstroomse Buiteklub hulle titel as kampioene van die Noordelike Provinsies se Gross liga by Ebotse Gholfklub in Ekurhuleni.

Die span het die titel in 2015 by Potchefstroom Buiteklub verower. Dit was die tweede oorwinning vir die span in die finale.

Die Buiteklub se span het ook in 2013 die titel verower.

Die span wat gaan deelneem is Albert Britz, Aubrey Beckley, Riaan Swart, Francois Kruger, Jan Greyling, Christo Peens, Marin Botha en Ruaan Prigge. Die bestuurder van die span is Henri Swanepoel. Ander nuus van die klub:

*Op Woensdag 6 Julie is ‘n IPS kompetisie by die klub aangebied en die wenners was:

1e – Jerry Molefi met 43 punte

2e – Rudi Botha met 42 punte

3e – Fanie Campher met 40 punte

*Op Vrydag 8 Julie het die klub self ‘n fondsinsameling gehou vir die span wat die naweek gaan deelneem. Die formaat was ‘n 4-bal alliansie met ‘n scramble dryf. Die wenners was:

1e – D.P. de Beer, Pine Pienaar, William Coetzee en Guilaume Strydom met 120 punte

2e – Anton van Rooyen, Hannetjie van Rooyen, Christo Peens en L. Frankenfeld met 119 punte

3e – Jaco Connoway, Ronnie Golightly, Burt Geyser en Fanie Laubscher met 118 punte

*Op Saterdag 9 Julie het Herman Smit Makelaars die beterbal kompetisie geborg. Die wenners was:

1e – Victor Havenga en Manie Smit met 48 punte

2e – Christo vd Westhuizen en Joop Oosthuizen met 47 punte

3e – Nick Kalamaras en John Kalamaras met 46 punte

4e – Johan du Plessis en Hennie Kruger met 45 punte

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button