Van Skoolbank na Sportveld: Níne Brits

Skool: Hoër Volkskool Potchefstroom Ouderdom: 17 Sport: Netbal (Eerstespan kaptein) Beste prestasies: Om twee jaar in ‘n ry die SA’s met Volkies te wen. Hoogtepunt van die jaar? Om hierdie jaar die Noordwesdag te wen in Rustenburg. Ons was ‘n lekker eenheid en het goeie ritme gehad. Ons het ook goed in die eindstryd teruggeveg. …

Skool: Hoër Volkskool Potchefstroom
Ouderdom: 17
Sport: Netbal (Eerstespan kaptein)
Beste prestasies: Om twee jaar in ‘n ry die SA’s met Volkies te wen.
Hoogtepunt van die jaar? Om hierdie jaar die Noordwesdag te wen in Rustenburg. Ons was ‘n lekker eenheid en het goeie ritme gehad. Ons het ook goed in die eindstryd teruggeveg.
Hoe het jou passie vir netbal ontwikkel? Ek het eers in graad 5 begin speel vir die C-span. In graad 8 by ons afrigter, Irene Seymore, het ek my passie gebou tot waar dit nou is.
Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? Altwee is belangrik, maar ‘n mens raak later gewoond en weet waar om wat in te pas.
Lewenslesse wat jy uit sport geleer het? Om “guts” te wys en altyd hard te werk. As jy val moet jy kan opstaan.
Beste netbalwedstryd waarin jy betrokke was? Die eerstespan se wedstryd teen Gimmies in die Noordwes semifinaal. Ons het rerig goed gespeel en op ons Classic Clash vertoning in Mei verbeter.
Wat maak Potchefstroom uniek en waar is jou gunsteling plek in die dorp? Die Bult en sy unieke winkels en koffiewinkels. Ek hou van Potchefstroom se koffiewinkels.
Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem? Bybel, dagboek, my sussie, horlosie en netbaltekkies.
Vyf mense wat jy nog sal wil ontmoet? Charlize Theron, Amanda Mynhardt, Oscar Pistorius, Nelson Mandela en Karen Zoid
Drie dinge wat jy in die wêreld sal verander? Gelykheid tussen mense, vrede en om kinders te help wat min het deur projekte aan te bied om hulle te help.
Drie lande wat jy nog sal besoek? Engeland, Australië en Amerika
Stokperdjies? Lees, gym en om te draf
Gunsteling musiek? Bethel en Karen Zoid
Gunsteling flieks? The Longest Ride, Pad na jou Hart en The Notebook
Wat sal jy nooit eet nie? Agurkies
Hoe sal jy jouself beskryf? Baie rustig en kalm.
Seekos of Italiaanse Kos? Seekos
Warm of koue drankies? Warm drankies
Winter of Somer? Winter, ‘n mens kan meer klere aantrek.
Facebook of Instagram? Instagram
Seekus of Wildtuin? Seekus
Groente of Vrugte? Vrugte
Android of iPhone? iPhone
SMS-taal of korrekte spelling? Korrekte spelling beslis. Ek verkies dit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version