SportSport

Kiewiet Marais jou doring

Kiewiet Marais van Potchefstroom Posduifklub het Saterdag in die wedvlug vanaf Griekwastad (445km) gewys hoekom hy so hoog aangeskryf word in Potchefstroom en die Westelike Posduifunie, met sy tweede agtereenvolgende uniewen, asook sewende wen in sy klub van die seisoen. Hy het ook weer die volmaakte “full house” behaal in die opewedvlug met plekke 1 …

Kiewiet Marais van Potchefstroom Posduifklub het Saterdag in die wedvlug vanaf Griekwastad (445km) gewys hoekom hy so hoog aangeskryf word in Potchefstroom en die Westelike Posduifunie, met sy tweede agtereenvolgende uniewen, asook sewende wen in sy klub van die seisoen. Hy het ook weer die volmaakte “full house” behaal in die opewedvlug met plekke 1 tot 5! By Mooirivier Resiesduifklub het Suidwester Willem Moolman in die jaaroudvlug uiteindelik sy welverdiende wen gevlieg wat hom lankal reeds toekom.

Riaan Grobler eindig tweede, Johan van Wyk derde, Des Humpel vierde en Fanie & Louise vyfde. In die opevlug wys Johan van Wyk soos wat hy gereeld elke jaar doen in die veiligvlugte, hy het kwaliteit duifies wat kan voorvlieg. Hy eindig eerste met Moolman tweede en derde, Riaan Grobler vierde en Johan Schlebusch vyfde. By P.P.K. vlieg Kiewiet & Christo en wen hulle die jaarouds, Saltie en Lettie was tweede, Rooikraal hokke derde en vierde en Kirsten hokke vyfde. Die kombinasie van Johan & Gerhard Kirsten kan gerus dopgehou word op die langpad. By die ope-afdelings is soos reeds gesê, Marais 1,2,3,4 en 5

Die punte lyk soos volg:

M.R.K: Jaarouds – Schlebusch 427, Moolman 315 en Fanie & Louise 307. Opeafdeling- Schlebusch 609, Moolman 436 en Humpel 352. Algeheel – Schlebusch 1036, Moolman 751 en Humpel 607.

By P.P.K. is dit vanjaar een rigting verkeer, waar Marias na week ses reeds amper 1000 punte voor sy naaste klublid is. Jaarouds – Kiewiet & Christo 970, Rooikraal 763 en Faan de Beer 510. In die opeafdeling het Kiewiet & Christo 1215, Saltie & Lettie 774 en Sarel Naude 596. Algeheel – Kiewiet & Christo 2185, Salty & Lettie 1263 en Rooikraal 1134. Volgende week se wedvlug sal plaasvind vanaf Strydenburg.

Related Articles

Back to top button