Amelia se atlete is reg vir Italië

Daar is ‘n optimisme in die Potchefstroomse lug met die 2016 Trisome Games wat vanaf 15 tot 17 Julie in Florence, Italië gaan plaasvind. Amelia Nasorgsentrum se atlete oefen kliphard vir hierdie ongelooflike geleentheid om as die beste in die wêreld gekroon te word. Amelia se Hannes Walt de Klerk is reeds ‘n wêreldrekordhouer in …

Daar is ‘n optimisme in die Potchefstroomse lug met die 2016 Trisome Games wat vanaf 15 tot 17 Julie in Florence, Italië gaan plaasvind.

Amelia Nasorgsentrum se atlete oefen kliphard vir hierdie ongelooflike geleentheid om as die beste in die wêreld gekroon te word. Amelia se Hannes Walt de Klerk is reeds ‘n wêreldrekordhouer in die stap-item en sal graag weer ‘n paar goue medaljes wil opraap. Melanie Barnard is nog ‘n atleet wat fyn dopgehou moet word.

“Ons is optimisties en opgewonde en ons weet dat ons ‘n goeie groepie atlete in die SA-span ook het. Die afgelope tyd het ons wel met siekte gesukkel wat ons ontwrig het, maar ons glo dat die Here alles mooi in plek sal laat val,” sê Hans Kleyn, die afrigter. Amelia se verteenwoordigers vir die 2016 Trisome Games is Melanie Barnard, Cornell Reyneke, Jansie Els, Jaco Jordaan, Hannes Walt de Klerk en Juliet Mailula.

“Die atlete oefen elke dag hard en is baie gretig om deel te neem en hulself te toets,” voeg Kleyn by.

Die span vlieg op 14 Julie Italië toe en sal graag met die terugkomslag ‘n paar nuwe medaljes na Suid-Afrika toe wil bring. As vorige uitslae en vertonings ‘n indikasie is, sal daar waarskynlik weer iets om dié atlete se nekke pronk.

Kyk die foto’s van die atlete hier:

Exit mobile version