SportSport

Luiperds kraai koning met vyftigtal teen OP Kings

Dit was gans te maklik vir die Luiperds gewees vanmiddag (8 Julie) op Olënpark toe hulle teen die sukkelende OP Kings met ‘n reuse telling van 54-14 in ‘n Curriebeker kwalifiserendestryd geseëvier het. Trots was op die spel en met die afskop het Jeandré Rudolph se manne alreeds die hef in die hand gehad toe …

Dit was gans te maklik vir die Luiperds gewees vanmiddag (8 Julie) op Olënpark toe hulle teen die sukkelende OP Kings met ‘n reuse telling van 54-14 in ‘n Curriebeker kwalifiserendestryd geseëvier het.

Trots was op die spel en met die afskop het Jeandré Rudolph se manne alreeds die hef in die hand gehad toe die Luiperds se linkervleuel Jaco Hayward binne minute die eerste twee drieë van die wedstryd gaan druk het.

Hayward het sy kans in die begin 15-tal goed benut en het goed op die aanval en op verdediging gevaar. Nog ‘n ster in die groen en rooi was die Junior Bok, Benhard Janse van Rensburg wat met vyf doelskoppe en ‘n drie weer sy stempel afgedruk het. Die jong losskakel speel beslis deure oop vir homself en is een van die Luiperds se groot aanwinste.

Dit was juis goeie balverspreiding wat tot die Luiperds se derde drie gelei het toe die regterveluel, Rowayne Beukman in die hoekie gaan druk het. Gene Willemse het kort daarna die Luiperds se vierde drie gedruk wat die Kings se koppe laat sak het. Die manne van die Oos-Kaap kon wel ‘n drie van hulle eie voor halftyd inkry toe Mthetheleli Fuzani na ‘n rolmaalbeweging oor is.

In die tweede helfte was dit dieselfde storie met die Luiperds wat nog drieë danksy Ryno Wepener en Juan Language, met twee van sy eie, gaan druk het. Language was instrumenteel in die voorspelerpak en het met goeie balvaardighede ook probleme vir die OP op die aanval besorg. Sy ervaring is beslis ‘n pluspunt vir Jonathan Mokuena se troepe.

Die Luiperds reis volgende na Nelspruit toe vir ‘n kragmeting met die Pumas volgende naweek.

Punte:

Luiperds (54): Drieë: Rowayne Beukman, Juan Language (2) Benhard Janse van Rensburg, Jaco Hayward (2),  Gene Willemse, Ryno Wepener. Doelskoppe: Van Rensburg (5, Schalk Hugo (2).

OP Kings (14): Drieë: Mthetheleli Fuzani, Juan Jonck. Doelskoppe: Garrick Mattheus (2)

Foto’s: Wouter Pienaar

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button