Netbalglorie vir Volkies

Volkies se eerste netbalspan kan met reg die kroon as die beste in die provinsie behou, na hulle die gesogte Noordwestrofee vir ’n derde jaar in ’n ry verower het. Dit het hulle vermag tydens die Noordweskampioenskappe wat op Saterdag 18 Junie by Hoërskool Bergsig in Rustenburg plaasgevind het. Volkies se eerstespan het ‘n deurslaggewende …

Volkies se eerste netbalspan kan met reg die kroon as die beste in die provinsie behou, na hulle die gesogte Noordwestrofee vir ’n derde jaar in ’n ry verower het.

Dit het hulle vermag tydens die Noordweskampioenskappe wat op Saterdag 18 Junie by Hoërskool Bergsig in Rustenburg plaasgevind het. Volkies se eerstespan het ‘n deurslaggewende 26-24 oorwinning teen Rustenburg in die eindstryd behaal om ’n groot glimlag op elke Volkie se gesig te sit.Sedert die begin van die kompetisie in 1998 (18 jaar gelede), is dit die negende keer dat Volkies se eerste netbalspan die titel verower.

Die span wat onder Irene Seymore se afrigting groot sukses behaal het, het hierdie jaar tot dusver werklik ‘n uitmuntende seisoen beleef.

“Vir my as afrigter was dit net ‘n wonderlike voorreg om by die spelers en ouers betrokke te wees. Die oorwinning Saterdag was nog ‘n hoogtepunt in my afgelope 42 jaar van netbalafrigting. Ek is baie trots, maar ook hartseer as ek besef dit was die laaste as ‘n eerstespan-netbalafrigter. Ek gaan steeds betrokke bly by netbal, dalk eerder as assistent-afrigter en meer raadgewend,” vertel die ervare Seymore.

Caitlinn Rousseau.

Dié span se sukses is hoofsaaklik te danke aan wedersydse respek, passie, fiksheid en vertroue in mekaar. Die spelers is deur ‘n groep positiewe ouers ondersteun – beslis ook ‘n groot bydrae tot die sukses van die span. ’n  Kenmerk van hierdie spelers is dat hulle weet wanneer om na ’n hoër rat oor te skakel, veral wanneer die telbord nie in hulle guns is nie.

Kaptein Nine Brits lei die span met durf op senter terwyl ‘n klompie ander sleutelspelers soos Caitlinn Rousseau, Melindi Delport op die aanval, en Larissa Gouws en Melissa Lotter op verdediging, ook altyd hul staal wys. Elkeen in die span ken hulle rol en speel as ‘n eenheid saam.

Jy kom nie hier deur nie! Gimmies se Carla Kock probeer haar bes om ‘n weg verby Volkies se Larissa Gouws te kry in Saterdag se Noordwes Netbalkampioenskappe.

Volkies se o.16A- en o.17A-netbalspanne het net so goed presteer tydens die Noordwes Best Schools-toernooi in Rustenburg.     Albei hierdie spanne ontvang silwermedaljes.

Die o.16A, o.17A en die eerstespan kwalifiseer om aan die SA-Skole Kampioenskappe deel te neem. Hierdie toernooi vind plaas van 5 tot 7 Augustus by EG Jansen.

Volkies se eerstespan se roete na die trofee:

Wen 30-12 teen Brits.

Wen 33-13 teen Hartebeespoort.

Wen 45-7 teen Lichtenburg.

Semi-finaal: Wen 25-14 teen Gimmies.

Finaal: Wen 26-24 teen Rustenburg.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version