SportSport

Volkies Akademie triomfeer in Winterliga

Volkies Akademie het die afgelope ses weke deelgeneem aan die Pretoria Winterliga. Wedstryde het plaasgevind by die Sinoville Krieketklub in Pretoria. Die liga is beslis oor 40 beurte en slegs spelers onder 17 jaar mag deelneem. In die eindstryd het Volkies Akademie vir Rustenburg Akademie met 135 lopies ver geklop. Opsommende wedstryduitslae: Groepwedstryd 1: Cambridge …

Volkies Akademie het die afgelope ses weke deelgeneem aan die Pretoria Winterliga. Wedstryde het plaasgevind by die Sinoville Krieketklub in Pretoria. Die liga is beslis oor 40 beurte en slegs spelers onder 17 jaar mag deelneem. In die eindstryd het Volkies Akademie vir Rustenburg Akademie met 135 lopies ver geklop.

Opsommende wedstryduitslae:

Groepwedstryd 1: Cambridge College

Volkies Akademie wen met 32 lopies

Volkies Akademie 205/10

Cobus Crowther 44, Martin Fourie 36

Cambridge College 173/10

Vincent Viljoen 3/22 in 6 beurte, André Taljaard 2/37 in 7 beurte

Groepwedstryd 2: Hoërskool Menlopark

Volkies Akademie wen met 107 lopies Volkies Akademie 252/9

Vincent Viljoen 56, Robert de Villiers 51, Herman Prinsloo 43

Hoërskool Menlopark 145/10

Vincent Viljoen 2/22 in 7.2 beurte, André Taljaard 2/23 in 7 beurte, Daniel ‘Bibo’ Coetzee 2/15 in 4 beurte

Semi-finaal: Tukkies Akademie

Volkies Akademie wen met 40 lopies

Volkies Akademie 239/7

Cobus Crowther 104*, Jaco Viljoen 30*

Tukkies Akademie 199/9

Timothy Malan 3/10 in 5 beurte

Finaal: Rustenburg Akademie

Volkies Akademie wen met 135 lopies

Volkies Akademie 226/10

Awie Visser 52, Robert de Villiers 43, Vincent Viljoen 41

Rustenburg Akademie 92/10

Jaco Viljoen 3/7 in 5 beurte, Lucian Coakley 3/9 in 3.4 beurte, André Taljaard 2/20 in 5 beurte.

Related Articles

Back to top button