26 rolbalspelers van die stad jag Noordwes enkelspeltitels

Die eerste ronde van die Noordwes Rolbal enkelspelkampioenskap vind hierdie naweek op verskeie bane in die provinsie plaas. Die klubs wat gebruik word is die Buiteklub, Strathvaal en Klerksdorp. Die sewe vrouespelers met kampioenskapsdrome is Jackie Scheepers, Hannatjie Nieuwoudt en Helen Koekemoer van die Buiteklub, Sega Mokoto van Weermag en Rose du Plessis, Helet Erwee …

Die eerste ronde van die Noordwes Rolbal enkelspelkampioenskap vind hierdie naweek op verskeie bane in die provinsie plaas. Die klubs wat gebruik word is die Buiteklub, Strathvaal en Klerksdorp.
Die sewe vrouespelers met kampioenskapsdrome is Jackie Scheepers, Hannatjie Nieuwoudt en Helen Koekemoer van die Buiteklub, Sega Mokoto van Weermag en Rose du Plessis, Helet Erwee en Corrie Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub.
Die 19 mans wat rol vir die titel is Ian Nieuwoudt, Koos Degenaar, Pieter Cloete, Michael en Chris de Witt, Ian Scott, Oeloff Visser, Jakkie Bezuidenhout, Douw Steenkamp en Jan Koekemoer van die Buiteklub. Die Potchefstroom Dorp klub se deelnemers is Colin de Jager, Gerrit van Rensburg, Ronnie Plamer, Jean du Plessis, Alberto Casaleggio, Willie van Rensburg, Piet en Pierre Breitenbach en Pikkie Abbott.
Daar het 32 vroue en 61 mans van oor die provinsie ingeskryf vir die kampioenskap.
*Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub en Rudi Jacobs van Parys is weer ingesluit in die Proteaspan wat einde November, begin Desember aan die Wêreldkampioenskap in Nieu-Seeland gaan deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version