SportSport

Rhyno Smith terug vir die Luiperds teen Grens op heelagter

Die Luiperds het Vrydag in Oos-Londen wanneer hulle teen die Grens te staan kom, die luuksheid van drie losskakels in hul groep met Benhard Janse van Rensburg wie weer sy plek op tien terug het. Die oud-Luiperd Cecil Dumond, wie tans vir Impala in Rustenburg diens doen, is ook die eerste keer in etlike seisoene …

Die Luiperds het Vrydag in Oos-Londen wanneer hulle teen die Grens te staan kom, die luuksheid van drie losskakels in hul groep met Benhard Janse van Rensburg wie weer sy plek op tien terug het. Die oud-Luiperd Cecil Dumond, wie tans vir Impala in Rustenburg diens doen, is ook die eerste keer in etlike seisoene op die Luipies se bank en sy ervaring kan goud werd wees. Die veelsydige Rhyno Smith is ook terug op heelagter nadat hy die wedstryd teen die Boland misgeloop het. Hy het in die eerste wedstryd van die seisoen ook op losskakel ingestaan.

Daar is ook ‘n noodgedwonge verandering op binnesenter waar Henko Marais ‘n beseerde Juffrou Vermeulen vervang. Johan Deysel bly dus in die 13-trui. Die agttal is onveranderd met die agtsteman Jeandré Rudolph wie van voor af lei.

Luiperds teen Grens: Rhyno Smith; Rowayne Beukman, Johan Deysel, Henko Marais, Bradley Moolman; Benhard van Rensburg, Malherbe Swart; Jeandré Rudolph, Loftus Morrison, Marno Redelinghuys, Walt Vermeulen, Ruan Venter, Bart le Roux, Wilmar Arnoldi, Mashudu Mafela. Reserwes: Chukkie van der Westhuizen, Lucky Ngcamu, Danie Jordaan, Molotsi Bouwer, Chriswill September, Cecil Dumond, Gene Willemse.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button