SportSport

Breitenbach en Abbott vat Pro 10 rolbalkroon

Noordwes rolbal se Spec Savers Pro 10 toernooi vir pare het die afgelope twee naweke plaasgevind met die eindstryde wat verlede Saterdag en Sondag op die Buiteklub se rolbalklub se bane aangebied is. 54 pare vanoor die hele provinsie en ook Fochville en Parys het aan die toernooi deelgeneem. Potchefstroom Rolbalklub se bekende Breitenbachs het …

Noordwes rolbal se Spec Savers Pro 10 toernooi vir pare het die afgelope twee naweke plaasgevind met die eindstryde wat verlede Saterdag en Sondag op die Buiteklub se rolbalklub se bane aangebied is.

54 pare vanoor die hele provinsie en ook Fochville en Parys het aan die toernooi deelgeneem.

Potchefstroom Rolbalklub se bekende Breitenbachs het die laaste sê gehad in die halfeindstryde.

Die uiteindelike wenpaar, Pierre Breitenbach en Pikkie Abbott het Errol en Jillian Booth van Klerksdorp uitgeskakel, en Orkney se Johan en Burnadine Muller het vasgeval teen Corrie Breitenbach en Elly van Dijk.

In die eindstryd het Pierre sy ma Corrie onttroon en hy en Abbott wen die titel. Die wenners en naaswenners speel later vanjaar in die nasionale Spec Savers toernooi in Kaapstad.

*Die eerste wedstryde in die Buiteklub se gemengde pare klubkampioenskap word die naweek gespeel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button