SportSport

Hat-trick of the Week: Leading by example (21 April)

Positiwiteit is deel van Mokuena se DNS Die atmosfeer in die Pukke se Varsitybekergroep was iets besonders vanjaar. Daar was ’n rustigheid, ’n doelgerigtheid en hope spangees. Baie hiervan is aan afrigter Jonathan Mokuena te danke, wat in sy debuutseisoen die groot ene vir Pukke help lig het. Mokuena het al genoem hoe sy span …

  1. Positiwiteit is deel van Mokuena se DNS

Die atmosfeer in die Pukke se Varsitybekergroep was iets besonders vanjaar. Daar was ’n rustigheid, ’n doelgerigtheid en hope spangees. Baie hiervan is aan afrigter Jonathan Mokuena te danke, wat in sy debuutseisoen die groot ene vir Pukke help lig het. Mokuena het al genoem hoe sy span wedstrydsituasies keer op keer geoefen het – in die finaal het dit grootliks gehelp om sy span onder druk oor die lyn te kry. Mokuena se positiewe houding en ingesteldheid het na sy spelers deurgesyfer en hulle het in sy visie ingekoop. Tog sal Mokuena self nie al die krediet vat nie, maar met reg erkenning aan sy hele span gee. Wat is ’n leier dan nou sonder sy troep?

  1. Waar is al die Luiperds heen?

Die Luiperds het hulle 2016 Curriebekerseisoen op die swakste manier moontlik begin. Die Griffons het in Welkom hulle glad nie welkom laat voel nie en met 76-26 pakslae gegee. Die Griffons is ’n moeilike neut om te kraak, maar steeds sou ‘n mens dink dat die Luiperds dit sou doen. Ja, die Puk-spelers in die span kom vanuit ’n strawwe Varsitybekertoernooi, maar hoekom speel hulle dan? Sekerlik is daar genoeg rugbyspelers in die Noordwes om die span vol te maak. Aldan nie, is dit belangrik om spelers in te kry wat die taak kan verrig – anders gaan die Luiperds elke keer in dieselfde strik trap.

  1. Flames are on fire

The North West Flames have made the perfect start to the 2016 Brutal Fruit Netball Premier League. They have played breathtaking netball under Dorette Badenhorst’s tutelage. Still, it seems that they have not nearly played to their full potential – that, in itself,  is a scary thought for the opposition. Three wins from three and beating rivals Free State convincingly by 55-44 was the cherry on the cake. The Flames are on fire and it would need an ice-cool display from the opposition to stop them this year.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button