Drake val vas teen Gauteng op Senwespark

Die Noordwes Drake moes Saterdag die knie buig voor die span van Gauteng in die eindstryd van die KSA Eendagreeks. Noordwes het eerste gekolf en kon net nooit behoorlik aan die gang kom nie en kon net 224 aanteken in hulle 50 boulbeurte. Die lopie tempo was net 4.48, heeltemal te min vir ‘n eindstryd …

Die Noordwes Drake moes Saterdag die knie buig voor die span van Gauteng in die eindstryd van die KSA Eendagreeks.
Noordwes het eerste gekolf en kon net nooit behoorlik aan die gang kom nie en kon net 224 aanteken in hulle 50 boulbeurte.

Die lopie tempo was net 4.48, heeltemal te min vir ‘n eindstryd want die telling het geen druk op die opponente geplaas nie. Daar was beduidende bydraes met die kolf deur Richard Frenz (44), Wihan Lubbe (43) en André Malan (33). Teen die einde van die beurt het Marques Ackerman (20) en Brady Barends (24) hard probeer om die lopie tempo te verhoog.

Die Gauteng span het op ‘n drafstap die wedstryd met sewe paaltjies gewen (230/3) na die Noordwes boulers eintlik jammerlik misluk het met die bal. Sewe boulers is ingespan en net André Malan met 2/20 kon hond haar afmaak.
Johannes Diseko was ekonomies en het net 32 lopies in sy 9 boulbeurte afgestaan maar kon nie ‘n paaltjie neem nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version