SportSport

Geskiedenis tel teen PUKKE

As die PUK vanaand kan wen sal dit die tweede keer wees wat hulle die Maties klop en die eerste keer wat hulle die Varsity Cup kompetisie wen.

 

Pukke is in hulle derde agtereenvolgende Varsitybekereindstryd, met Maties wat hulle eerste een sedert 2013 speel.
Albei spanne smag nou na 80 minute van perfekte rugby om die kroon na ‘n lang toernooi te dra.
Pukke, veral omdat hulle die enigste groot rugbyuniversiteit is wat nog nie hulle
hande op die  trofee in Varsitybekergeskiedenis kon lê nie.

Volgens Jonathan Mokuena, NWU Pukke breier, is Maties gevaarlik op hulle tuisveld, maar kan met ’n goeie strategie verslaan word. “Maties het ‘n baie goeie gebalanseerde span, maar daar is ‘n paar swak plekke wat ons gaan wil uitbuit. Die ingesteldheid waarmee ons in die eindstryd ingaan is belangrik. Die span wat die beste 80 minute nog speel sal die beker vat,” se Mokuena.

Maties het vroeër in die Varsitybekerreeks vir Pukke met 56-12 afgeransel, maar toe was sake anders.

Geskiedenis bewys dat vorige uitslae min betrekking in ‘n eindstryd het. Die druk is wel meer op Maties om op hulle tuisveld die beker te wen en dit is dalk net iets wat in Pukke se guns tel. Pukke het absoluut niks om te verloor nie.

Dit is nou of nooit vir Mokuena se jong Pukke.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button