SportSport

Pukke pos Shimlas en beklink plek in Varsitybekerhalfeindstryd

Dit was soete wraak vir NWU Pukke en hulle kaptein Jeandré Rudolph vandag (28 Maart) toe hulle vir die verdedigende kampioene, Shimlas, met 37-21 in Kaapstad geklop het. Die Potchefstromers, wat verlede jaar in die eindstryd teen Shimlas gesneuwel het, het hierdie keer hulle trotse ondersteuners in die wolke gehad en aan die wenkant in …

Dit was soete wraak vir NWU Pukke en hulle kaptein Jeandré Rudolph vandag (28 Maart) toe hulle vir die verdedigende kampioene, Shimlas, met 37-21 in Kaapstad geklop het.

Die Potchefstromers, wat verlede jaar in die eindstryd teen Shimlas gesneuwel het, het hierdie keer hulle trotse ondersteuners in die wolke gehad en aan die wenkant in die Varsitybekerstryd geëindig.

Dit was werklikwaar alles behalwe ’n blou Maandag vir NWU Pukke wat met ‘n voortreflike vertoning nie net die halfeindrondte van die Varsitybeker haal nie, maar ook die verdedigende kampioene, UVS-Shimlas uitgeskakel het.

’n Mens kon duidelik van die begin af sien dat Pukke hulle huiswerk deeglik gedoen het en dat die Kaapse seelug hulle ’n tikkie ekstra oemf gegee het.

Pukke het die telbord met ’n vyfpunt drie geopen toe die regtervleuel Lucian Cupido gaan druk het. Rhyno Smith het die verdoeling gemis, maar ’n paar minute later daarvoor opgemaak toe sy flink voete ’n derde drie vir sy span gegee het toe Wilmar Arnoldi finaal oorgegaan het.

Rudolph se tweede drie net voor die halftydfluitjie was van ‘n pragtige lopie wat ‘n agterspeler sou trots maak – sy spanmaats se glimlagte het boekdele gespreek met Pukke wat ’n 24 punt voorsprong geneem het.
Teen rustyd vir NWU Pukke alreeds 31-7 voor en het met selfvertroue kleedkamer toe gegaan vir ’n kort ruskans.

Shimlas het probeer terugveg in die tweede helfte met twee drieë wat die telling na 34-21 geneem het. Dit was wel net te laat vir die manne in blou en hulle moes toekyk hoe hulle kanse om weer die beker te lig, wegsmelt.

Die eerste 40 minute het Pukke die wedstryd laat wen en het Shimlas se gemoed laat knak – daarna was dit net ’n kwessie van met hoeveel punte Pukke sou wen.
Rudolph is as die speler van die wedstryd benoem na ’n reusagtige vertoning in die nommer 8 trui.
*Goeie nuus is dat die Varsitybekerweer soos die verlore seun terug na sy huis toe keer, met die aankondiging dat die half en eindstryde weer op kampusgronde gespeel gaan word. Die kanse is goed dat Pukke hulle wedstryd tuis sal speel nadat hulle nou die tweede plek op die punteleer beklee. As UJ vir Maties vanaand klop sal UJ die tuiswedstryd teen Pukke in Johannesburg volgende Maandag speel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button