SportSport

Pukke weer op koers na CUT oorwinning

NWU Pukke se Varsitybekerboot is weer op koers na ‘n welverdiende 44-14 oorwinning teen CUT op die Kaapstad-stadion vandag (24 Maart.) Dit gaan beslis ‘n goeie Vrydag vir die spelers wees wat na ‘n moeilike begin in die wedstryd, later hulle beste rugby gespeel het om gemaklik te wen. Een van die probleempunte is wel …

NWU Pukke se Varsitybekerboot is weer op koers na ‘n welverdiende 44-14 oorwinning teen CUT op die Kaapstad-stadion vandag (24 Maart.)

Dit gaan beslis ‘n goeie Vrydag vir die spelers wees wat na ‘n moeilike begin in die wedstryd, later hulle beste rugby gespeel het om gemaklik te wen. Een van die probleempunte is wel die lynstane wat vandag nie op dreef was nie. Gelukkig vir Pukke kon hulle daarmee wegkom teen CUT wat nie altyd hulle kanse benut het nie.

Pukke se Rhyno Smit steek sy verdediger verby. Foto: Thys Lombard/SASPA.
Pukke se Rhyno Smit steek sy verdediger verby. Foto: Thys Lombard/SASPA.

Pukke se skrumskakel, Malherbe Swart het ‘n voortreflike wedstryd gehad en het met ‘n drie sy speler van die wedstryd vertoning bekroon.

Die agterlyn was soos gewoonlik vinnig en vlymskerp met Sylvian Mahuza wat vir die soveelste keer hierdie seisoen gaan druk het.

Shimlas behoort Maandag groter golwe vir Pukke se bekerreis te bring. Die vraag is of Pukke vir Shimlas die keer kan klop.

Ons almal weet wat laasjaar gebeur het, maar rugby word op die veld en nie in die geskiedenisboeke beslis nie.

Die volgende 80 minute sal beide Shimlas en Pukke se temperament vir bekersukses bepaal.

NWU Pukke: 44
Negepunt drieë: Louis van der Westhuizen
Sewepunt drieë: Sylvian Mahuza, Malherbe Swart
Vyfpunt drieë: Jeandre Rudolph, Bart le Roux
Verdoelings: Rhyno Smith (4)
Strafskoppe: Rhyno Smith

CUT: 14
Vyfpunt drieë: Johann Grundling, Len Noort
Verdoelings: Meyer van Tonder (2)

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button