SportSport

Pukke moet teen CUT en Shimlas wen

Maties het verlede Maandag in ’n Varsitybekerkragmeting ’n groot duik in Pukke se titelkanse gemaak, toe die twee rugbyreuse mekaar op die FNB Stadion aangevat het. Maties was genadeloos en het Pukke gemaklik met 56-12 geklop. Dit is ’n duur les wat Pukke moes leer en dit is dalk goed dat Jonathan Mokuena se span …

Maties het verlede Maandag in ’n Varsitybekerkragmeting ’n groot duik in Pukke se titelkanse gemaak, toe die twee rugbyreuse mekaar op die FNB Stadion aangevat het.

Maties was genadeloos en het Pukke gemaklik met 56-12 geklop. Dit is ’n duur les wat Pukke moes leer en dit is dalk goed dat Jonathan Mokuena se span nou ’n bloutjie loop, eerder as in ’n halfeindstryd.

Hawies Fourie se Maties het duidelik aanvallende rugby op die brein hierdie seisoen en hulle het dié patroon met sukses voortgesit. Maties se heelagter, Craig Berry was ’n woelwater in die eerste 10 minute en het sy drie verdien om Maties met 7-0 te laat voorloop.

Pukke se skrumskakel, Malherbe Swart en sy skakelmaat, Benhard Janse van Rensburg was Pukke se beste spelers en Swart het na flink dinkwerk Pukke se eerste drie gedruk.

Van daar was dit maar ’n opdraande stryd vir die Potchefstromers vir die volgende 60 minute, wie se verdediging glad nie die maatstaf kon haal nie. Edwill van der Merwe en Paul Streicher het nog twee briljante nege punt drieë aangeteken en kort voor lank was Maties 32-5 voor teen half-tyd.

Beyers de Villiers, Duncan Saal en Berry het verder sout in Pukke se wonde gevryf in die tweede helfte, met elkeen se drieë wat meer skade berokken het.

Pukke sal vinnig van hierdie nederlaag moet vergeet aangesien hulle vir CUT, vandag, (24 Maart) in Kaapstad aanpak. Dit is ’n moet-wen wedstryd vir Pukke wat tans vierde op die punteleer is.

Volgens Mokuena gaan die nederlaag teen Maties nie sy span se gemoedstoestand belemmer nie.

“Moeilike en harde oomblikke hou nie vir ewig nie. Dit is die karakter en vasbyteienskappe van die spelers wat sal bly,” meen hy.  Volgende Maandag speel hulle teen Shimlas – ’n wedstryd wat heel moontlik albei spanne se lot sal bepaal. Hierdie wedstryd teen Shimlas sou vroeër plaasgevind het, maar is weens onluste verlede maand uitgestel.

Dit is nou maak of breek vir Pukke in die volgende twee wedstryde. Vir hierdie talentvolle groep is daar net een opsie.

Pukke teen CUT – Donderdag, 24 Maart (17:00)

Pukke teen Shimlas – Maandag, 28 Maart (16:45)

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button