Prestige sport vind plaas tussen Volkies en Hoekies

Volkskool kan veral trots wees oor hulle PUK-reeks prestasies oor Hoërskool Driehoek. Eerstens oor hulle vernuf, sportmansgees en toewyding op die veld, maar ook tweedens oor hulle puik organisasie van die naweek se groot wintersport bepalings wat vanaf 11 tot 12 Maart by die skool plaasgevind het. Die velde en bane was gedurig ’n see …

Volkskool kan veral trots wees oor hulle PUK-reeks prestasies oor Hoërskool Driehoek. Eerstens oor hulle vernuf, sportmansgees en toewyding op die veld, maar ook tweedens oor hulle puik organisasie van die naweek se groot wintersport bepalings wat vanaf 11 tot 12 Maart by die skool plaasgevind het.

Die velde en bane was gedurig ’n see van geel en pers teenoor rooi en swart, met die tuisspan wat op die netbal- en rugbyvelde beter as die dogters en seuns van Vanderbijlpark was. Op die dogtershokkievelde het Driehoek nou weer skoonskip gemaak.

Tog was daar ’n klomp naelbytstryde soos die seuns eerstespan hokkiestryd gewees wat Volkies met 2-1 gewen het, danksy doele van Vusi Ntsanga en David Crowther. Albei  spanne het klomp kanse gehad om die voortou te neem, maar ’n kombinasie van goeie verdediging aan Volkies se kant en swak skietwerk van Hoekies was hul ondergang.

Volkskool was vir lank 1-0 voor na Ntsanga ’n doel van naby af ingeskuif het. Driehoek se Vernon van der Walt het wel hoop vir sy span gegee met ’n goeie skoot wat almal tot in die doelhok ontduik het. Met omtrent so vyf minute speeltyd oor het Crowther wel Volkies laat jubel en juig en vir die volgende paar minute moes hulle vasklou en verdedig met die besoekers wat alles vir ’n moontlike tweede doel gegee het.

In die dogters netbal was Volkies se eerstes gans te sterk vir Driehoek en het gemaklik met 43-11 gewen. Die dogters was op hulle stukke en hulle het geen kans vir asemhaal gegee nie. Sonder ophou het hulle die doele een vir een ingeryg. Mev. Elmarie Fuller se ondersteuning van die kantlyn af was ook inspirerend en het die voordeel in tuisvoordeel uitgebeeld.

In die skaak was Volkies se seuns en dogters die ene konsentrasie en het Hoekies in talle hoeke op die skaakbord gedruk. Erik Nel en Louise Frylinck was maar van die uitblinkers op die swart en wit bord.

Kyk die foto’s hier:

Hier is die volledige uitslae van die PUK-reeks teen Driehoek: (Volkies se uitslae eerste):

Rugby:

Dogtershokkie:

Tennis:

•Juniors: 38 spelle – 25

4 wedstryde – 3

•Seniors: 52 spelle  –  11

7 wedstryde – 0

Seunshokkie:

Skaak:

Netbal

•o.14A: 16-15 – wen

•o.14B: 13-6 – wen

•o.14C: 12-4 – wen

•o.15A: 16-17 – verloor

•o.15B: 35-7 – wen

•o.15C: 24-26 – verloor

•o.16A: 30-20 – wen

•o.16B: 22-10 – wen

•o.16C: 20-11 – wen

•o.17A: 31-6 – wen

•o.17B: 16-21 – verloor

•o.19A: 43-11 – wen

•o.19B: 33-6 – wen.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version