SportSport

Provinsiale rolbal van top gehalte dié Sondag by die buiteklub

Al vier Noordwes rolbalspanne sal Sondag by die Buiteklub se rolbalbane in aksie wees wanneer daar teen Ekurhuleni (Oos-Rand) gespeel word. Rolbal van die hoogste standaard word verwag in hierdie toernooi, wat dien as voorbereiding vir die nasionale toernooie wat later plaasvind. Die spanne het verlede week met Noord-Vrystaat afgereken. Saterdag is daar ook baie …

Al vier Noordwes rolbalspanne sal Sondag by die Buiteklub se rolbalbane in aksie wees wanneer daar teen Ekurhuleni (Oos-Rand) gespeel word.

Rolbal van die hoogste standaard word verwag in hierdie toernooi, wat dien as voorbereiding vir die nasionale toernooie wat later plaasvind. Die spanne het verlede week met Noord-Vrystaat afgereken. Saterdag is daar ook baie rolbalaksie by die Buiteklub, wanneer die klub se mans enkelspelkompetisie se eerste rondes gespeel word. Bykans 30 mans het ingeskryf. Spel begin om 09:00.

*Die Buiteklub bied ook geleentheid aan voornemende spelers om aan ‘n afrigtingskursus deel te neem. Belangstellendes kan vir Jan Koekemoer by 082 412 1372 of Anjeliek Verster by 082 875 2908 skakel vir meer inligting.

Die klub is ook beskikbaar vir pretdae soos “Pa en Seun” en “Broer en Suster”. Skole kan mekaar gerus uitdaag, sê die klub se president, Jan Koekemoer. Daar is genoeg balle beskikbaar en skoliere kan ook kaalvoet speel. Skakel gerus die bogenoemde nommers.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button